Advertensie | Om aan te hou floreer moet die landbousektor op volhoubaarheid fokus

Shawn Stapelberg, Nedbank se landboustreeksbestuurder vir Gauteng 

Hoewel landbou se persentasie-aandeel in Suid-Afrika se ekonomie relatief klein is – net 2,3% van die algehele BBP – kan dié sektor se algehele bydrae tot die ekonomie nie geïgnoreer word nie.

In 2020 het die landbousektor met 13% gegroei, en in 2021 met nóg 8,3%, terwyl die ekonomie in geheel met slegs 4,9% gegroei het. In 2021 het landbou-uitvoere ’n rekord-hoë vlak van VS$12,4 biljoen bereik, wat Suid-Afrika se handelsurplus tot US$1 biljoen in die vir die kwartaal van 2021 gebring het. Dit is 36% hoër as die ooreenstemmende tydperk in 2020.

Volgens die uitslae van Statistiek SA se kwartaallikse arbeidsopname vir die laaste kwartaal van 2021, was die gemiddelde indiensnemingvlak in landbou 838 000, met plaaswerkers wat met 3,8% toegeneem  het. Dit is ’n merkwaardige prestasie in ’n land waar 44,6% van die totale arbeidsmag nie werk kan kry nie of bloot ophou werk soek het.

Landbouprestasie is dus ongetwyfeld ’n hoogtepunt in Suid-Afrika se ekonomie maar, om te verseker dat die sektor aanhou groei, moet ons dringend op volhoubaarheid fokus.

Het Suid-Afrika die luuksheid om volhoubaarheid te prioritiseer? Kan dit bekostig om dit nie te doen nie?

Maar wat beteken volhoubaarheid vir ’n land soos Suid-Afrika? Behoort dit hoog op die agenda te wees in ‘n land met rekord hoë werkloosheidsyfers en gebrekkige basiese dienste? Nog belangriker, kan ons bekostig om langer te wag en as ons uitstel, wat beteken dit vir voedselsekerheid?

Omdat dit met hoë koste gepaard kan gaan, blyk dit dalk asof volhoubaarheidsdoelwitte net vir groter besighede en boerderybedrywighede beskore is, maar die realiteit is dat volhoubare landboupraktyke oor die lang termyn geld spaar. In ons ervaring by Nedbank, met die talle inisiatiewe ten opsigte van hernubare energie wat ons tot dusver gefinansier het, word die koste binne vyf tot sewe jaar verhaal te danke aan beduidende elektrisiteitsbesparings. Met ’n geskatte lewensduur van 20 jaar is die langtermynvoordele – en kostebesparings – van hernubare-energie aanlegte voor die hand liggend.

Rentmeesterskap en volhoubaarheid gaan hand aan hand

Ware volhoubaarheid vereis egter ‘n kopskuif. Dit gaan oor rentmeesterskap – om na dit wat aan jou toevertrou is om te sien en dit beter te maak vir toekomstige geslagte.

Dié konsep is veral van toepassing op die landboubedryf. Landbou is ’n groot bydraer tot klimaatsverandering maar is ook een van die sektore wat die swaarste deur die uitwerking daarvan getref word. Landboubedrywighede word dikwels van een generasie na die volgende oorgedra, en die verantwoordelikheid van volhoubare landboupraktyke is van kardinale belang vir grondeienaars se voortgesette lewensbestaan en om voedselsekuriteit op huishoudelike en nasionale vlak te verseker. En die feit dat volhoubare boerderypraktyke mettertyd tot kostebesparings en verbeterde opbrengste lei, is nog ‘n groot pluspunt vir sake-eienaars in die landboubedryf.

By Nedbank is ons kerndoel om ons finansiële kundigheid te gebruik om goed te doen vir individue, besighede en die samelewing regoor ons land en kontinent. Deur finansiering as een van ons hoofdryfvere te gebruik, het ons unieke aanbiedinge ontwikkel om besighede met maklike toegang tot finansiering te help om volhoubare doelwitte te steun. Oplossings wissel van finansiering van groenenergie-ontwikkelings, soos sonkrag- en windplase, tot gespesialiseerde besproeiing- en waterherwinningstelsels, wat watergebruik en -besparing verseker.

Rentmeesterskap maak nie net goeie sake sin nie, dit is ook die verantwoordelike ding om te doen. Kom ons neem aanspreeklikheid vir Suid-Afrika en laat saam ‘n positiewe erfenis na.

Om meer uit te vind oor hoe Nedbank jou landboubesigheid kan help om volhoubaar en meer winsgewend te wees, stuur ’n e-pos aan Shawn by shawns@nedbank.co.za,shawns@nedbank.co.za of besoek nedbank.co.za/agriculture.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.