James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

AGRICOLLEGES international | Kompetisie tyd!

Kompetisie tyd!

Staan ’n kans om een van drie landbou inleidingskursusse te wen!

Hoe om in te skryf:

  1. Stuur ’n 200 woord opsomming oor die belangrikheid van opvoedkunde in die Landbou omgewing na sekretaresse@tlu.co.za
  2. Sluit asseblief ’n foto van jou op die plaas in
  3. Inleidingskursus wat u in sal belangstel.

Sluitingsdatum: 8 Julie 2022 

AFRIKAANSE KURSUS INLIGTING

Aan alle Afrikaanse landbou liefhebbers, ons het goeie nuus!

Studente het nou die geleentheid om landbou te studeer in #Afrikaans! Hierdie kursusse is ideaal vir jongboere, onlangse skoolverlaters of selfs gevestigde boere wat hulself wil verbeter of hulle basiese kennis van landbou praktyke wil verfris.

Alle inleidings- kursusse is nou beskikbaar in Afrikaans op ons aanlyn platform: https://agricolleges.com/afrikaans-kursusse/

 

  • Inleiding tot Plant Produksie

Volgende Begindatum: 2 Augustus 2022

Lengte:                            7 weke

Deeltyds:                         10 ure per week

Prys:                                R 4400

Taal:                                Afrikaans

 

  • Inleiding tot Diereproduksie

Volgende Begindatum: 2 Augustus 2022

Lengte:                            7 weke

Deeltyds:                         10 ure per week

Prys:                                R 4400

Taal:                                Afrikaans

 

  • Inleiding tot Landboubesigheid

Volgende Begindatum: 2 Augustus 2022

Lengte:                            7 weke

Deeltyds:                         10 ure per week

Prys:                                R 4400

Taal:                                Afrikaans

 

AGRICOLLEGES International beoog om in die nabye toekoms al sy kursusse in Afrikaans te vertaal om so ook die studente wat graag in hul moedertaal wil studeer die geleentheid te bied om hulle kennis te verbeter. AGRICOLLEGES International is ’n moderne tersiêre leerinstansie wat wêreldklas tegnologie aanwend om aan duisende hoopvolle studente leergeleenthede te bied deur middel van bekostigbare en toeganklike onderrig in die landbousektor. Die noodkreet vir bekostigbare en kwaliteit onderrig in landbou kan slegs deur innoverende en tegnologies gevorderde leerplatforms aangespreek word.

AGRICOLLEGES het die leerkonsep ontwikkel deur ʼn e-leer platform te skep wat studente akkommodeer met hul landboustudies via rekenaars en mobiele toestelle. Hierdie leergeleenthede kan wêreldwyd beskikbaar gemaak word, afhangend van die student se toeganklikheid tot die internet.  AGRICOLLEGES International is AgriSETA geakkrediteer en bied daarvolgens een jaar geakkrediteerde Nasionale sertifikate aan in Algemene Landbou NQF4, Plant Produksie NQF4, Diere Produksie NQF 4, Plant Produksie (Kannabis & Hennep) asook verskeie relevante kort kursusse en vaardigheidsontwikkelings- kursusse in landbou.

AGRICOLLEGES is baie trots op ons meer as 1200 alumni vanuit 39 verskillende lande.

Vir meer inligting oor AGRICOLLEGES se kursusaanbieding, besoek gerus: https://agricolleges.com/agriculture-courses/

Kategorie:

Deel dit:

AGRICOLLEGES international | Kompetisie tyd!

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.