Bela-wetgewing se ondertekening aanslag op Christelike jeug

TLU SA het kennis geneem dat alle lede van die regering van nasionale eenheid blykbaar op Vrydag 20 Desember 2024 ingestem het dat die Bela-wet ten volle in werking gestel word. Hierdie aankondiging is ‘n waterskeiding vir minderheidsgroepe. Dit is inderdaad so dat die tydsraamwerk vir implementering deur die Minister van Basiese Onderwys bepaal sal word en dat norme, standaarde en regulasies vir toepassing nog gefinaliseer moet word, maar die werklikheid is dat die ANC nieteenstaande ooreenkomste eensydig gaan optree.

TLU SA kyk graag na die dieper gevolge wat dié wetgewing gaan hê, naamlik dat die staat op onaanvaarbare wyse inmeng met die begronding van kinders se opvoeding. Kinders uit Christelike huishoudings se ouers onderneem in ‘n doopbelofte om kinders in die vrees van die Here te onderrig en te laat onderrig.

Volgens Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA is die staat besig om Suid-Afrikaanse kinders van hul ouers te steel. “Die staat moet ophou om ons kinders deur middel van sy beleidsrigtings en kurrikulum van ons te steel. Ons beroep daarom ons Christen Afrikaner ouers ook op om hierdie aanslag op ons jeug teë te werk en die onderwys van ons kinders terug te neem en private onderwys instellings wat ons kulturele en Christelike waardes ondersteun uit te bou en sterk te maak.”

TLU SA glo verder dat die wet in essensie onregverdig en diskriminerend is ten opsigte van die taal en toelatingsklousules wat daarin vervat is. Verder is daar nie salf te smeer aan die staat se onderwyspogings nie. Uitkomste en resultate is van die laagste ter wêreld, soos bewys deur die onlangse 2023-TIMSS verslag waar Suid-Afrikaanse leerders steeds die swakste ter wêreld in Wiskunde en Wetenskap gevaar het. TLU SA as landbou-organisasie besef daagliks die belangrikheid van hoë kwaliteit onderrig en opleiding ten einde suksesvolle besighede en ook boerderye te kan bedryf.

“Ouers moet ‘n keuse maak of hulle verder wil toelaat dat die staat (ANC) ons jeug verdom, hulle begronding van hulle steel en sodoende hul toekoms van hulle steel.”

 

Foto Pixabay: https://www.pexels.com/photo/interior-of-abandoned-building-256395/

Kategorie:

Deel dit:

Bela-wetgewing se ondertekening aanslag op Christelike jeug

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.