Beurtkrag is op almal se lippe en glo my dit is ’n groot krisis. Vandag beleef ons egter ook persoonlike beurtkrag. Ja, ons energievlakke begin laag hardloop en dit kom nie sommer net reg nie. Ons ervaar dat boere soms oorweldig begin voel. Dinge is rowwer as ooit daarbuite.
Ons lewensenergie is soos water in ’n geroeste emmer. Dit gaan soms verlore deur allerhande gaatjies in ons emmer soos bekommernis-gaatjies, onsekerheid-gaatjies, gaatjies van wanhoop, negatiewe denke-gaatjies en nog baie meer. Om steeds staande te bly, is dit belangrik dat ons lewensenergie intelligent moet begin leef. Dit beteken ons moet ons eie energie begin verstaan en beter bestuur. Sonder energie is ons niks. Sonder geestelike-, emosionele-, verstandelike- en fisieke energie gaan ons dit eenvoudig nie maak nie.
Die Vraag is: Hoeveel petrol het jy in jou energie tenk? Jy kan nou jou energie gratis toets. Druk op die volgende skakel en spandeer net 3 tot 4 minute van jou tyd om onmiddellike resultate te ontvang. https://m.me/LifeEcoach?ref=EnergyGauge
Ns.: Wilhelm Lombard is ’n lewensenergie kenner wat self op ’n pad van uitbranding was. Deur sy navorsing het hy oor die jare tegnieke ontwikkel wat uitbranding nie ’n opsie maak nie. Die toets sowel as ’n eerste gesprek met Wilhelm is gratis waarna daar wel ’n konsultasiefooi sal wees indien iemand verdere konsultasies wil hê.
Photo by Johannes Plenio on Unsplash