Benutting en waarde van tyd

Met die roetines in huishoudings wat tydens die inperkingstyd op die een of ander manier ontwrig is, is dit nou die geleentheid om bietjie retrospeksie te hou oor ons dag tot dag bestaan.

Ons beleef dat mense noodwendig die waarde van familie en vriende (en ook werkskollegas) opnuut besef. Die besef dat die gevolge van die inperking besig is om in vele opsigte ons bestaansomgewing te herrangskik, laat mens ook bietjie terugkyk, maar gewis ook vorentoe.

Mens besin noodwendig oor hoe effektief elke minuut van die lewe regtig benut word. Was dit, gegewe elk se talente, in die verlede optimaal aangewend?

Belangrik egter is die toekoms. Tyd is een van ons grootste veranderlike bates wat benut moet word of dit is verlore. Moenie in die aand gaan slaap indien jy nie iewers iets bygeleer of daar nie ‘n positiewe verskil gemaak is nie.

Daardie verskil is nie net om suksesvol te wees in ons besighede nie – wat uiteraard ook noodsaaklik is – maar ook in ons verhoudings met mekaar, en meer nog met ons Skepper.  Mag elkeen die waarde van tyd opnuut besef in hierdie tyd en dit sodanig benut dat wanneer ons ons koppe eendag neerlê, daar gesê sal word: ‘Kyk daar het ‘n man (vrou) verbygegaan’.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.