Waardes vir die pad vorentoe
Dit is gewis dat alles waarvoor ons staan in hierdie dae getoets word.
Die omgewing word op elke lewensterrein getoets en verbuig om witmense as die skuldiges uit te maak oor alles wat in die oë van die ANC, EFF en ander rolspelers verkeerd is.
Neem die regering se “Meesterplan” waarin die geskiedenis so verdraai word, dat witmense voorgestel word as mense wat net geplunder en grond afgeneem het. Geen melding word gemaak van Difaqane waar swart volke mekaar uitgemoor het nie. Daar word ook nie genoem by wie die swart mense wat van die noorde van Afrika na die suide van Afrika getrek het grond gekoop het nie.
Die eensydige geskiedenis word so in ons kele af forseer dat wit mense al ‘n tipe van ‘n skuld-kompleks ontwikkel. Is dit nie tyd dat ons begin om ons geskiedenis te beskerm nie? Ons kan die opgetekende en ware geskiedenis interessant maak vir jonger mense deur dit in te kleur en oor te vertel.
Dit is die tyd dat ons opnuut ons Manifes gaan lees en die ankers en waardes in die lewe hervestig. Die waarde van TLU SA se struktuur is dat dit juis die boere is wat hierdie waardes vestig waarvoor geveg word.
Benut dus u struktuur optimaal om die beste meganisme te wees wat kan veg vir waardes en beginsels waarin u glo. Dit is elke lid se verantwoordelikheid om hierdie beginselgedrewe pad onder mede-boere se aandag te bring.
Groete, Bennie