Landbou volhoubaarheid
Landbou bloei tans in vele opsigte. Om die werklikhede waaronder baie boere te buk gaan op te noem, is omvangryk. Tans is die omstandighede van vele bedryfsvertakkinge nie baie gunstig nie.
Die uiterste hittetoestande saam met weinig reën oor groot dele van die somersaaigebiede, het ‘n onmeetbare letsel gelaat en die skade is ontsettend groot. Pryse wat vir vee verkry word bring in baie gevalle nie die toue bymekaar om winsgewend te wees nie. Beleidsonsekerheid, veiligheidstoestande wat omvangryk negatief is, infrastruktuur ineenstorting – wat opsigself uitdagend is om te oorkom – bring alles saam genoeg dinge tafel toe waaroor vorentoe ernstig besin kan word.
Volhoubare produsente is wat nagestreef word en dit beteken winsgewendheid op elke plaas. Elke boer bestuur die produksiefaktore na die beste van hul vermoë met die fokus om wel sukses te behaal. Finansiële druk is aan die orde van die dag. Dit is raadsaam om betyds met finansiële instellings in gesprek te tree en saam plan te maak om die krisis, wat besig is om die plaas te tref, te oorbrug.
Dit is in tye soos dié wat nugtere en verantwoordelike besluite geneem moet word. Uiteraard skakel die druk wat ervaar word maklik om in emosionele besluite.
Konserwatiewe, beredeneerde besluite en optredes is dalk wat nou nodig is. Die sukses, al dan nie, van elke plaas is iets wat die boer sal bepaal. Doen dit in geloof en laat die resultate aan die Here oor, nadat alles wat menslik gesproke gedoen is.
Groete
Bennie





