My gesondheid
Ek wil graag persoonlik baie dankie sê vir al die ondersteuning en die wense van sterkte wat mense vir my deurgegee het in hierdie tyd. Mens besef in sulke tye dat goeie gesondheid sommer as vanselfsprekend aanvaar word. Dan word mens skielik teruggeruk en raak jy ’n oomblik stil en besef dat dit eintlik net groot genade is as jy gesond is. Dit moet gekoester en opgepas word. Slegs as mens gesond is, kan jy positief jou kultuuropdrag uitleef en is dit ondeurdag om dit as ’n gegewe te aanvaar. My opregte dank nogmaals aan almal se boodskappe wat ontvang is.