James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Boodskap van Bennie | Februarie 2024

… en steeds boer ons voort!

Die jaar het skaars weggetrek en die emosie wat die verkiesing ontketen word op vele fronte ervaar. Onrealistiese beloftes wat onrealistiese verwagtinge skep is aan die orde van die dag, en die bydrae van daardie politici is inderdaad besig om die land te destabiliseer.

Die ironie is dat TLU SA se lede steeds te midde van hierdie chaos nie net kos op die verbruikers se tafels sit nie, maar ook op daardie onverantwoordelike politici se tafels.

Besluite moet geneem word sodat voedselvoorsieners steeds winsgewend kan wees. Dit is te verstane dat emosies maklik kan handuit ruk en mens, nes die politici, nie meer deurgaans rasionele besluite neem nie.

Wat ons deurentyd moet onthou is dat God steeds in beheer is – Hy was nog altyd en sal altyd wees. Kom ons leef daarvolgens en fokus daarop om ons talente optimaal te benut. Die uitkoms van hierdie deurmekaar jaar, ongeag wat dit is, sal dan vir ons ook vrede gee.

Groete
Bennie

 

Foto: Rodolfo Clix

Kategorie:

Deel dit:

Boodskap van Bennie | Februarie 2024