Boodskap van Bennie | Julie 2023

Tydens vanjaar se besoeke aan die Jongboer van die Jaar-finaliste het die vraag: “Wanneer is ‘n boer suksesvol?” ter sprake gekom.

In antwoord moet ons beklemtoon dat boere noodwendig volhoubaar moet wees om te boer. Dit beteken dat die plaas winsgewend moet wees. Winsgewendheid behoort die hooffokus te wees, want daarsonder sal die markkragte se evalueringstaak inskop en die boerdery tot stilstand dwing.

Enige besigheidspersoon word deurlopend deur die markkragte getoets.  Op ‘n plaas is die veranderlikes waarmee daar rekening gehou moet word, soveel meer omvangryk as in meeste ander besighede dat dit ‘n baie spesiale soort mens verg om wel sukses in boerdery te kan bereik.

‘n Persoon wat ‘n passie het vir dit wat gedoen moet word is reeds ver in die pad af op koers na sukses.  Voeg daarby ‘n honger vir kennis, ‘n sin vir dringendheid, ‘n toekomsgerigtheid en die bereidheid om verantwoordelikheid te aanvaar en ons het die eienskappe wat nodig is om sukses te kan bereik. Die ingesteldheid van die individu speel dus ‘n baie groot rol. Uiteraard is daar verskeie ander eienskappe wat bepalend is vir sukses al dan nie.

‘n Vaste geloof as fondament verskaf die antwoorde in tye van onsekerheid, maar ook word die kultuuropdrag om te bewaak en te bewerk vir die toekoms daaruit geput.

Dit is die suksesvolle boere wat hul eie navorsing doen om in die eie unieke omstandighede deurlopend die beter keuses te kan bepaal. Die suksesvolle boer maak seker dat kennis oor dit waarmee daar geboer word optimaal verkry word.  Indien daar slegs 10% kennis beskikbaar is sal die kwaliteit van besluitneming vassteek by 10%, maar die boer wat bv 90% kennis verkry, sal uiteraard ‘n baie beter besluit kan neem.

Die suksesvolle boer is daardie een wat die produksiefaktore bestuur tot by winsgewendheid. Die hoogste opbrengs gee nie noodwendig die beste wins nie.  Dit kan maklik ingevolge die wet op dalende meeropbrengs beteken dat winste gemaak inderdaad benut moet word om die hoër opbrengste te finansier.

 

Groete,

Bennie

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.