Ons padkaart vir die toekoms
Vrae sonder antwoorde is vandag aan die orde indien ons kyk na alles wat onseker is. Ons kan maklik verward raak indien ons menslik gesproke antwoorde probeer soek vir daardie dieper aspekte van die lewe. Mag ons altyd vashou aan die waardes wat ons vanuit die Woord kry. Daar is niks anders wat blywende versekeringe kan bied nie ander as ons geloofsvertroue in God Drie-enig. Mag juis dit ons antwoorde gee deur die Woord van God ons padkaart te maak op ons toekomspad.
As voorbeeld sal daar in die dae baie gemeld word dat ons nou in die eindtyd is. Dit is inderdaad waar, maar net met die wete dat die eindtyd inderdaad reeds sedert die uitstorting van die Heilige Gees daar is en dat die tyd alleenlik God se keuse sal wees. Ons taak is om met volharding ons kultuuropdrag uit te leef om uit dankbaarheid vir die groot genade wat ons daagliks ontvang om ten spyte van ons dwalinge in die sonde deur die soenverdienste van Jesus Christus wel vergewe sal word en daarom moet ons met positiwiteit die toekoms voluit bou. Mag die Bybel vir ons daagliks ons padkaart wees om ons te rig in elke keuse wat ons maak.



