Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Boodskap Van Bennie | Maart 2021 Saterdag | 27 Maart | 2021

Keuses in die lewe

Ons leef tans in omstandighede wat daagliks buitengewone keuses vereis. Dit is nie regtig of ons die geleentheid gegun word om deur hierdie proses te gaan nie – dit word op ons afgedwing. In ‘n normale samelewing sou die staat grootliks bydra om ‘n stabiliserende rol te speel. Hulle sou hul grondwetlike verantwoordelikheid behoorlik nagekom het om na almal se veiligheid om te sien en om ‘n omgewing te skep waarbinne die ekonomie kan gedy.

Die feit dat die regering feitlik glad nie hierdie rol vervul nie, dwing ons om keuses te maak. Buiten die wanprestasie van die regering, veroorsaak hul beleidsrigting ook ‘n bepaalde aanslag op die boer se volhoubaarheid. Die vraag is of ‘n boer vandag oor die vermoë beskik om elk op hul eie al hierdie dinge te kan hanteer. Daar is verskeie aspekte wat in die gemeenskap hanteer moet word, soos die veiligheidsbedreiging en munisipale sake. Dan is daar sekere aspekte wat op provinsiale vlak aandag vereis en ook op nasionale en selfs internasionale vlak optrede en interaksie.

Vandag kan ons ‘n keuse maak om betrokke te wees en hande te vat met medeboere, beginnende in ons gemeenskap, of ons kan apaties wees en maar wag en kyk wat gebeur.

Die krag van georganiseerde landbou is gesetel op grondvlak. Elkeen se deelname daar is van onskatbare waarde, want dit sorg vir die nodige insig en wilskrag, waar ons gesamentlik die keuse maak om ons omgewings te stabiliseer. Op daardie basis word daar op al die ander vlakke inspraak gelewer om landbou te laat leef. Elke TLU SA-lid kan dit as doelwit stel om seker te maak dat hul bure almal deel word van die TLU SA-span. Deur net dít te doen, het ons reeds gehelp om vir ons eie voortbestaan te veg.

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons