Kritiese hofsaak benodig hulp
TLU SA versoek ons lede wat hul weg oopsien om ’n bydrae te maak vir die regskoste van ’n Appèlsaak. Hierdie versoek word gerig omdat die gevolge van ’n Grondeise Hof uitspraak onberekenbare skade kan doen indien dit nie op appèl reggestel word nie.
Die feite in kort is dat die reghebbende van ’n trust, wat die eienaar van ’n plaas is, kennis gegee het aan ’n bewoner om sy vee te verwyder. Die bewoner het in gebreke gebly. Die Hof is toe genader en ten spyte dat die saak nie verdedig is nie en die bewoner nie teenwoordig of verteenwoordig is nie, het die hof nie die bevel gegee nie. Die implikasie is dat bewoners nou onbeperk vee kan aanhou – soorte en getalle.
Die gevolge vir alle grondeienaars kan verreikende gevolge inhou indien die uitspraak nie in die Appèlhof omgedraai kan word nie.
Maak asb. u bydrae as volg:
TLU SA Eiendomsregfonds
ABSA
TAK 632005
REK NO 4050400686
Verwysing: Meladora en u voorletter en van