Ons erfenis
TLU SA, die Erfenisstigting en die Voortrekkermonument het ’n ooreenkoms oor die instandhouding en uitbouing van ons erfenis gesluit. Nuwe uitstallings word gereeld bygevoeg by die reeds indrukwekkende oorsig van ons geskiedenis. Dit is in vandag se tyd waar ons geskiedenis verdraai en selfs dood gesmoor word, belangrik dat ouers vir die jeug insae gee oor wat die feite is oor hoe Suid-Afrika se ontwikkelings geskiedenis verloop het.
Besoeke kan na verskeie geskiedkundige terreine beplan word. Deur ’n klein bietjie op te lees, kan die ervaring nog dieper beleef word. Dalk is dit nou tyd om ten minste een keer per jaar van hierdie geskiedkundige plekke besoek en sodoende vir ons jeug opnuut ’n volkstrots help kweek. ’n Vakansie wat ’n geskiedenis-toer insluit, is dalk net goeie opsie!