Boodskap van Bennie | November 2023

Gemeenskap Sukses: Waar pas ek in?

Daar is een ding wat soos ‘n paal bo water uit staan: Niks gebeur vanself nie, veral nie in gemeenskappe nie. Daar is gewoonlik ‘n enkele gewilliger wat op alle terreine gesien word vir dit wat hulle vir hul gemeenskap doen.

Wat het geword van die eens trotse gemeenskapsdiens waar die gemeenskaplike doel groter gestel is as die individuele doelwitte? Ons weet tog dat ons gesamentlike pogings vir ons elkeen ‘n beter toekoms kan skep as elkeen sy kant bring.

Dit is die gesamentlike krag en die aanwending van so veel as moontlik talente van ‘n gemeenskap wat grootliks bepaal watter sinergie bewerkstellig word wat die beste moontlike uitkoms vir almal inhou. ‘n Brose gemeenskapspoging word ervaar indien slegs enkele persone telkens hul gewig ingooi terwyl die ander rugry en sleg praat.

Gemeenskapsdiens is nie ‘n saak waar elke individu vra wat hulle daaruit gaan kry nie, maar waar daar gevra word wat ons as gemeenskap kollektief daaruit gaan kry. Dit is wanneer die gesamentlike wringkrag 1+1=3 beteken. Met die verval van die staatsondersteunende instellings het dit inderdaad ‘n noodsaaklikheid geword dat gemeenskappe self ‘n toekoms sal moet skep.

Deur die volle uitlewing van ons kultuuropdrag kom die individu by die punt waar daar groter doelwitte as net jyself nagestreef word. Dit is dan wanneer daar besef word dat net jyself die een is wat die werklike verskil kan maak. Kom ons skep daardie toekoms ook in gemeenskapsverband, die toekoms waar ons eerder persone moet weg wys aangesien ons te veel hulp het as wat ons geleenthede laat skipbreuk lei omdat daar nie betrokkenheid is nie.

Groete
Bennie

Foto: Pixabay

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.