Boodskap van Bennie | Oktober 2023

Winsgewendheid en volhoubaarheid.

Dit gebeur nie sommer net vanself dat ’n besigheid winsgewend en volhoubaar is nie. Om dit in die praktyk reg te kry moet verskeie dinge reg gedoen word. Daar is deurlopend eksterne faktore wat ’n besigheid positief of negatief beïnvloed en ’n uitwerking op winsgewendheid het.

Die sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie skep gewis nie ’n positiewe omgewing waarbinne besighede kan kop bo water hou nie, wat nog te sê groei. Weens die negatiewe spiraal van werkloosheid en gepaardgaande armoede verminder koopkrag en daal vertroue in die ekonomie.

Landbouers sukkel ook om binne hul inkomste te leef. Insetkoste styg buite verhouding en omdat hulle as prysnemers geen individuele inspraak het om pryse te beïnvloed of vas te stel nie, is daar geen waarborg dat ’n oes wel winsgewend sal wees nie. Dis onwaarskynlik dat omstandighede binnekort gaan verbeter. Maar ’n boer moet ’n plan maak, en hier is ’n paar wenke en kwessies om in gedagte te hou:

  • Sorg dat jy ingeligte besluite neem, gegrond op betroubare inligting en bronne. Daar is ’n ontploffing van inligting in die sosiale media, maar dis dikwels onbetroubaar en ongeloofwaardig; selfs gevaarlik. Oppas ook vir samesweringsteorieë.
  • Eksterne gebeurtenisse het ’n invloed op ons land en besighede. Die konflik tussen Oekraïne en Rusland het byvoorbeeld ’n uitwerking op kunsmispryse – iets wat boere in berekening moes bring.
  • Elke landboukommoditeit waarmee geboer word, gaan deur pryssiklusse. ’n Gesonde, verantwoordelike beginsel is om in die goeie tye verskansing te skep – jy moet voorsiening maak vir die maer jare. Maar wanneer jy ’n groot skuldlas het, is dit moeilik om jouself finansieel teen moontlike risiko’s of verliese te beskerm. Omdat hulp van die staat grootliks afwesig is, sal boere egter self oorbrugging móét skep. Die naaste hand om te help is die een aan die einde van jou eie arm!
  • Ekonomie van skaal is ’n strategiese benadering wat op ’n manier tog kan help om “binnevet” in te bou wanneer dit goed gaan. Weens die wrede werklikheid van insetkoste en markkragte kan selfs ’n eens groot genoeg boerdery vandag in die moeilikheid beland. Indien landbou-eenhede of boere kan saamwerk, kan dit hulle posisie versterk en ’n groter onderhandelingsvermoë skep. Ja, om saam te werk kan ’n uitdaging wees, maar die keersy van die munt is om te moet ophou boer.
  • Waar met verskillende kommoditeite geboer word, moet elkeen verkieslik winsgewend wees. Elke vertakking van die boerdery moet gesamentlik, maar ook afsonderlik tot winsgewendheid bydra. Sekere kommoditeite kan wel om strategiese oorwegings behou word, soos wanneer die reste van graanverbouing in sekere tye van die jaar vir veevoeding aangewend word. Kry kundige adviseurs met ’n bewese reputasie in hul vakgebied om jou met beplanning te help, waaronder in die produksie- en bemarkingsproses, maar ook wat jou boedel betref. Dit gebeur steeds dikwels dat ’n boedel nie beredder kan word wanneer die primêre landbouer sterf tensy van die grond verkoop word nie. Met die regte advies en tydige beplanning kan dit maklik voorkom word.
  • Veiligheidstoestande in Suid-Afrika het drasties versleg. Omdat die regering in hierdie verband dikwels afwesig is en nie hul grondwetlike verantwoordelikheid nakom om na burgers se veiligheid om te sien nie, is gemeenskappe op hulself aangewese. Goeie buurmanskap is van kardinale belang. Boere kan dit eenvoudig nie bekostig om met mekaar oor nietighede hare te kloof en vyande te maak nie.
  • Boere is entrepreneurs en moet behoorlik beplan om hul besigheid winsgewend te maak en te hou. Om dit reg te kry moet alle produksiefaktore behoorlik bestuur word, waaronder grondstowwe, arbeid en kapitaal – en vandag ook meganisering en tegnologie – wat in baie gevalle arbeid kan vervang. Meganiese en tegnologiese oplossings kan tot ondernemers se voordeel strek en help om die invloed van arbeidsonsekerheid op hul plase te verminder.
  • Om jou boerdery volhoubaar te maak, moet dit winsgewend wees. Dit is hoe markkragte werk – as ’n onderneming ’n verlies maak, gaan die ondernemer uiteindelik onder. Die produksie-elemente wat agterbly, kan dan deur iemand anders benut word.
  • Daar is ’n belangrike onderskeid tussen optimale wins en maksimum opbrengs. Die beginsel van die wet van dalende meeropbrengs is hier van toepassing. ’n Voorbeeld: Wanneer meer kunsmis by ’n gewas gevoeg word, sal die oesopbrengs aanvanklik merkbaar toeneem. Die vraag is egter: Wat het dit werklik gekos om die groter opbrengs te verkry?. Die koste van die kunsmis vreet ’n deel van die wins op en subsidieer dit dus. Met deeglike beplanning en kundige advies kan jy op onnodige insetkoste bespaar.

 

Boere is ons land se grootste bate, want hulle plaas kos op die tafel van elke verbruiker. Nie almal besef dit nie – die huidige regering skynbaar ook nie. Intussen raak die omstandighede al hoe erger. Die enigste manier om dit te bowe te kom, is dat ons moet hande vat om die regte redes, beter planne beraam en ons eie toekoms skep.

 

Groete,

Bennie

 

Foto: Pexels

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.