Die draai van die seisoen

Ons is in die landbou-omgewing bekend met die draai van seisoene en die wete dat dit deel van die Skeppingsplan is om in die natuur geleentheid te gee vir produksie en ook rus.

In die Woord word daar op so baie plekke die voorbeeld van die landbouer gebruik om ‘n boodskap oor te dra. In die gelykenisse kan ons bv. dink aan die gelykenis van die saaier en van die afgedwaalde skaap. Ons leer van Nabot se wingerd en verskeie plekke van die voorsiening van voedsel. Ons kultuuropdrag is in Gen 1:28 en 2:15 waar ons die opdrag kry om te heers oor die natuur, maar baie belangrik om ook te bewerk en te bewaak.

Die feit dat ons as rentmeesters optree, bring juis ‘n besonderse verantwoordelikheid vir elk van ons na vore. Vir baie boere het die draai van die seisoen dalk op so wyse gekom dat dit negatief inspeel op volhoubare produksie. Vir ander was die seisoene in aanloop na die tyd om die opbrengs te kan invorder, goed en hoor ons van goeie oeste.

Ons ervaar in sekere dele van die land omstandighede wat oor ‘n tydperk die produksieproses negatief beïnvloed het teenoor dit wat al die jare die norm was. Die seisoene het daar nie goed gedraai nie.

Ons boere kan tot op ‘n punt klimatologiese krisisse hanteer en planne maak, maar daarna raak dit onbestuurbaar. Hierdie omstandighede dwing boere om aan te pas en met beter planne na vore te kom indien hulle wil oorleef. Dit is uiteraard makliker gesê as gedaan. Die praktyk vir elke plaas is uniek en verg ‘n eie keusemaking om daardie omstandighede te kan oorbrug.

Ons wil veral vir ons boere wat gebuk gaan onder omstandighede waar ons as mense nie noodwendig meer antwoorde voor het nie, baie sterkte toebid.

Mag julle seisoene ook weer vorentoe gunstig draai.

 

Groete, Bennie

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.