Die krag van komitees

TLU SA se komiteestelsel bestaan uit ‘n baie dinamiese samestelling, waar lede uit ons eie geledere gekies word volgens ervaring of kundigheid vir ‘n spesifieke komitee. Hierdie komitees is oor jare heen gestig in terreine waar bepaalde probleme ontstaan en waar ‘n komitee opgerig is binne TLU SA om die probleem te analiseer, bespreek en oplossings te vind. ‘n Voorbeeld van so ‘n komitee is die Eiendomsregkomitee waar mense vanuit boerevereniging-, boere-unie-, DLU-, streek en uiteindelik op nasionale vlak aangewys word om op die Eiendomsregkomitee te dien.

Elke saak wat te make het met eiendomsreg word dan binne hierdie komiteeverband aangespreek, ondersoek of daar ‘n tendens of bedreiging is. Die komitee sal identifiseer of die saak ‘n potensiële knelpunt is waarvoor daar ‘n konsep standpunt geformuleer moet word. So ‘n standpunt word dan saam met riglyne en aanbevelings na die Uitvoerende Komitee (UK) van TLU SA verwys.  So werk dit binne elke komitee van TLU SA, onder andere omgewingsake, arbeid, plaaslike regering, ekonomiese sake en veiligheid. Al hierdie komitees het ook ‘n bepaalde verantwoordelikheid om seker te maak dat hulle ingelig bly en ‘n vinger op die pols hou, tendense sal navors en aan die UK rapporteer. Die effektiwiteit, spoed en funksionaliteit van elke komitee hang af van TLU SA se lede se betrokkenheid en deelname in komitees.

TLU SA rig ‘n versoek aan alle lede om aktief betrokke te raak by plaaslike strukture en u ervaring, kennis en vaardighede aan te bied in areas waar u van hulp kan wees. TLU SA versoek ook ons affiliasies om sterk kandidate te nomineer om betrokke te raak, dat ons op so wyse ook kollektief ons werk binne komitees so goed as moontlik kan doen sodat die UK met goeie insette en konsepte sit wanneer probleme na hulle verwys word, sodat die inligting bydrae tot besluitneming in die beste belang van die boer.

Dit is in elke TLU SA-lid se belang dat ons komiteestelsels so goed en effektief as moontlik moet funksioneeer. Steek asseblief u hand op en stel uself beskikbaar om ‘n bydrae te maak. Vergaderings vir komiteeverband vind meestal virtueel plaas, en vereis dit dus nie baie ryery van u nie.

Die brandseisoen is voor die deur en dit is nou tyd om seker te maak dat alle toerusting vir die bekamping van veldbrande in ‘n werkende toestand is.  Lede moet seker maak dat hulle deel is van die brandvereniging in hul omgewing en dat daar aan die nodige reëls voldoen word.  Tref veral reëlings dat arbeid wat in die bekamping van vure ingespan word oor die nodige opleiding beskik en van die nodige veiligheidsklere en -toerusting voorsien is.

Foto Mario Gogh | Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Die krag van komitees

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.