In hierdie week publiseer die Daily friend dat Suid Afrika in die tweede staat van ’n ramptoestand sedert 2020 is. Vir landbou soveel meer is dit ’n uitdaging aangesien daar eskalerende uitdagings vir die toekoms van die sektor is.
Voedselsekerheid is nou meer onder die vergrootglas as ooit tevore. Ten spyte van die kragkrisis is die eskalerende toename in kostes as gevolg van die faktor en verhoging in elektrisiteitskoste ’n bitter pil om te sluk wat die moontlikheid inhou dat landboubesighede nie hierdie toestand gaan oorleef nie. Landboubesighede wat nie alternatiewe krag kan bekostig nie, is uitgelewer aan die ewigdurende beurtkrag wat binne minute soms verander en lande droog en verdor laat met aanplantings wat nie realiseer nie. Daar moet besef word die impak van landbou op die ekonomie en is hierdie negatiewe faktore nie net op die plaas self gesentreer nie, maar die algehele ekonomie van die land.
Daar is oproepe in terme van die Munisipale Eiendomsbelasting wetgewing 2004 in terme van artikel 15 dat uitsondering wel gemaak kan word vir verligting van eiendomsbelasting teen uitstaande ontberings. Die munisipaliteit mag wel vermindering of kwytskelding van eiendomsbelasting oorweeg vir ’n spesifieke kategorie van grondeienaars. Die addisionele uitgawes op alternatiewe uitkomste om die ontberinge van die kragkrisis die hoof te bied word uit privaatfondse aangeskaf en moet hierdie aspek nie buite rekening gelaat word dat die landbou sektor ten spyte van die uitdagings wel buite die normale loop van besigheid alles in die stryd werp om die ekonomie aan die gang te hou.
TLU SA het reeds in 2020 ’n beroep gedoen op die LUR vir Landbou en verskeie munisipaliteite om verligting te verskaf aan die landbousektor as gevolg van die druk van omstandighede, hoewel hierdie hulproep op dowe ore geval het en daar is in werklikheid geen terugvoer ontvang na aanleiding van skrywes wat gerig is. Een van die grootste struikelblokke is dat die regering die opsie gegee word om ’n toegewing te mag maak en daar geen afdwinging is nie.
In terme van die regering perspektief moet daar dan ook gekyk word na die probleme wat so ’n kwytskelding kan bied:
- As daar gedeeltelike of algehele kwytskelding wel toegestaan word, wat is die impak wat die daaropvolgende finansiële jaar op die landbousektor gaan hê indien daar iewers ’n wonderwerk gebeur en die ekonomie herstel in ’n positiewe rigting. Die verhoging van die werklike tarief betaalbaar vanaf die gedeeltelike kwytskelding na die volle toepassing kan buite die norm van billik en regverdig wees wat ’n negatiewe invloed kan hê op die betaal gesindheid van die inwoner van die gebied.
- Verder moet daar ook in ag geneem word dat ’n munisipaliteit se begroting in vyf jaar siklusse gedoen word in ooreenstemming met die raad. Wanneer ’n jaarlikse begroting in die ontwikkelingsplan en begroting vir publieke konsultasie beskikbaar gestel word moet die inwoner besef dat daardie spesifieke begroting reeds in die vorige jaar sedert September opgestel is en deel uitmaak van ’n vyf jaar plan. In ’n sprokieswêreld van landbou kan ons van die veronderstelling uitgaan dat die regering voedselsekerheid verstaan en onderhou en kwytskelding word toegestaan.
- Wat is die impak van so ’n kwytskelding? Binne die begroting van ’n munisipaliteit word die inkomste wat ook van eiendomsbelasting verkry word op die ontwikkelingsplan toegepas om ontwikkeling te befonds vir die inwoners van die gebied. Die ontwikkelingsplan is ’n tipe van “belofte” wat die munisipaliteit maak oor wat die inwoners in ’n gebied kan ontvang binne ’n spesifieke finansiële jaar. Wanneer kwytskelding toegestaan word, is daar onmiddellik ’n tekortkoming in die begroting. Dit sal dan die munisipaliteit se beslissing wees watter ontwikkeling gaan nie onderneem word nie = sal dit die “state of the art” sokkerstadion wees wat moet oorstaan of die Solar straatligte in die nedersetting. Iemand se ontwikkeling sal moet inboet vir die tekortkoming in die inkomste mandjie. In die onlangse politieke verwikkelinge is dit duidelik – as die regering nie doen wat hy onderneem nie, protesteer die inwoners en word bande gebrand, besighede omver gegooi, geen ekonomiese dienslewering of produk beskikbaarheid nie weens intimidasie en optogte word op daaglikse basis regoor die land ervaar.
Ten spyte van die feit dat landbou die melkkoei geword het vir ontwikkeling waaruit die sektor geen voordeel kan kry nie, moet daar besef word eiendomsbelasting het ’n perk bereik wat nie meer bekostigbaar is vir die inwoner van die land nie. Die situasie is besig om te eskaleer en moet daar daadwerklike aksies oorweeg word om die aangeleentheid aan te spreek. Begrotings moet befonds word uit werklike inkomste vooruitsigte volgens Nasionale Tesourie se omsendskrywes wat ’n riglyn is vir munisipaliteite.
Photo by Clement Nivesse: https://www.pexels.com/photo/selective-focus-photo-of-magnifying-glass-3074542/