Finansiële Ondersteuning | TLU SA Finansiële Welstand Lessenaar

Die TLU SA Finansiële Welstand Lessenaar het onder leiding van Kobus Oberholster, suksesvol gevestig gedurende 2019.

Om hierop te bou en te verseker dat elke TLU SA-lid toegang kry tot die Lessenaar en die voordele en dienste, wil ek met hierdie skrywe aan u as DLU/BV leiers, u vriendelik versoek om vir Kobus Oberholster te nooi na u volgende DLU/BV vergadering om homself aan u en die lede van u DLU/BV voor te stel.

TLU SA is daagliks besig om op verskeie terreine u as boer se belange te beskerm en om te verseker dat u boerdery toekoms beskerm word. Die Lessenaar is ‘n belangrike skakel in hierdie proses en daarom wil ek u aanmoedig om die beskikbare dienste en voordele te gebruik.

Deur gebruik te maak van hierdie kundigheid, word ‘n finansiële voordeel ook aan die TLU SA asook u spesifieke DLU en BV gebied deurdat ‘n deel van die inkomste deur die Lessenaar teruggeploeg word in die strukture.

Die volgende kenmerke en voordele word deur hierdie toegewyde hulpbronsentrum aan TLU SA lede gebied:

  • Gelisensieerde en geakkrediteerde advies deur ervare adviseurs, wat self ook lid van TLU SA is
  • Spesifieke intellektuele eiendom wat ons toepas in die beplanningsproses
  • Die hoogste vlakke van vertroulikheid word gewaarborg in alle stadiums van betrokkenheid
  • Unieke instrumente wat u vertroue in u finansiële toekoms sal inspireer, opvoed en verhoog
  • Finansiële oplossings gefokus op u unieke situasie
  • Gereelde betrokkenheid van u adviseur van aangesig tot aangesig deur die jaarlikse hersieningsproses
  • Hoë vlak van duidelikheid, vertroue en beheer vir die gesinne en besighede wat ons bedien.
  • Pasgemaakte oplossings volgens u behoeftes – geen ‘one size fits all’ benadering nie
  • Internasionale beleggingsgeleenthede om u portefeulje te optimaliseer
  • Bemiddeling tussen familielede, erfgename en trustees – fasilitering van gesinsvergaderings
  • Onafhanklike trusteeskap
  • Boedelbereddering
  • Testamente
  • Sakebeplanning en strukturering
  • Beduidende finansiële voordeel vir TLU SA as organisasie en sy strukture
  • Beduidende afslag op advies en produkkoste, individueel onderhandelbaar

Uit bogenoemde is dit duidelik dat ons ook op die gebied van persoonlike finansies, ons lede wil help en bystaan om volhoubaar te beplan vir die toekoms.

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.