Laat jou familie, vriende en gemeenskap hierdie wenke volg om sosiale media veilig te geniet:
Privaatheid en sekuriteit stellings bestaan vir ’n rede: Kom meer te wete oor en gebruik die privaatheid- en sekuriteitstellings op jou sosiale netwerke. Dit is daar om jou te help beheer wie sien wat jy plaas en jou aanlyn-ervaring op ’n positiewe manier te bestuur.
Eenmaal geplaas, altyd geplaas: Beskerm jou reputasie op sosiale netwerke. Wat jy aanlyn plaas, bly aanlyn. Dink twee keer voor jy foto’s plaas wat jy nie wil hê jou ouers of toekomstige werkgewers moet sien nie. Onlangse navorsing het bevind dat 70% van werkgewers kandidate verwerp het op grond van inligting wat hulle aanlyn gevind het.
Jou aanlyn reputasie kan ’n goeie ding wees: Onlangse navorsing het ook gevind dat werwers reageer op ’n sterk, positiewe persoonlike handelsmerk aanlyn. Wys dus jou kennis, bedagsaamheid en bemeestering van die omgewing.
Hou persoonlike inligting persoonlik: Wees versigtig oor hoeveel persoonlike inligting jy op sosiale netwerke verskaf. Hoe meer inligting jy plaas, hoe makliker kan dit vir ’n kuberkraker of iemand anders wees om daardie inligting te gebruik om jou identiteit te steel, toegang tot jou data te kry of ander misdade soos teistering te pleeg.
Ken en bestuur jou vriende: Sosiale netwerke kan vir ’n verskeidenheid doeleindes gebruik word. Van die pret is om ’n groot poel vriende uit uiteenlopende fases van jou lewe te skep. Dit beteken nie dat alle vriende gelyk vir jou is nie. Gebruik stellings om die inligting te bestuur wat jy met vriende in verskillende groepe deel.
Wees eerlik as jy ongemaklik is: As ’n vriend iets oor jou plaas wat jou ongemaklik maak of onvanpas lyk, laat hulle weet. Net so, bly oopkop as ’n vriend jou nader omdat iets wat jy geplaas het hom of haar ongemaklik maak. Mense het verskillende toleransie vir hoeveel die wêreld van hulle weet, respekteer daardie verskille.
Weet watter stappe om te neem: As iemand jou teister of dreig, verwyder hulle van jou vriendelys, blokkeer hulle en rapporteer hulle aan die webwerfadministrateur.
Hou sekuriteitsagteware op datum: Om die nuutste sekuriteitsagteware, webblaaier en bedryfstelsel te hê, is die beste verdediging teen virusse en ander aanlynbedreigings.
Besit jou aanlyn-teenwoordigheid: Stel die privaatheid- en sekuriteitstellings op webwerwe, indien van toepassing, op jou gemaksvlak vir inligtingsdeling. Dit is goed om te beperk hoe en met wie jy inligting deel.
Maak jou wagwoordsin indien moontlik ’n sin: ‘n Sterk wagwoordfrase is ’n sin wat minstens 12 karakters lank is. Fokus op positiewe sinne of frases waaroor jy graag dink en maklik is om te onthou (byvoorbeeld, “Ek is mal oor boeremusiek”).
Unieke rekening, unieke wagwoordfrase: Om afsonderlike wagwoordfrases vir elke rekening te hê, help om kubermisdadigers te stuit. Skei ten minste jou werk- en persoonlike rekeninge en maak seker dat jou kritieke rekeninge die sterkste wagwoordfrases het.
As jy twyfel, gooi dit weg: Skakels in e-posse, twiets, plasings op Facebook en aanlyn-advertensies is dikwels hoe kubermisdadigers jou persoonlike inligting probeer steel. Selfs as jy die bron ken, as iets verdag lyk, vee dit uit.
Bron: https://staysafeonline.org/stay-safe-online/securing-key-accounts-devices/social-media/









