Gesprek tussen TLU SA en John Steenhuisen positief en konstruktief

(Fotokrediet: John Steenhuisen, Facebook)

TLU SA het Dinsdagoggend positiewe en konstruktiewe gesprekke met die nuwe landbouminister, John Steenhuisen, gehad. 

TLU SA het die vergadering vanoggend saam met ander organisasies bygewoon waar die belangrikste knelpunte in die landboubedryf bespreek is. Steenhuisen het die teenwoordigers verwelkom en het dadelik aandag gegee aan vier kwelpunte wat vir hom die hoogste op die prioriteitslys lê; biosekuriteit vir diere en plante, die beleidsraamwerk en wetgewing se invloed op landbou, ondersteuning ten opsigte van winsgewendheid en volhoubaarheid, en finansiering vir boere en prosessering/waardetoevoeging. Hy het ook die belangrikheid van markontginning beklemtoon en erken dat landbou die katalisator is wat die toekoms van die land in groot mate bepaal.

Steenhuisen het bywoners aangemoedig om hulself bekend te stel en vir elk ‘n geleentheid gegee vir insette. Hy was uiters ontvanklik vir kommentaar en voorstelle, en TLU SA is van mening dat die organisasies waardevolle bydraes gelewer het.

Wannie Scribante, adjunk-president van TLU SA, het Steenhuisen bedank vir sy oopdeurbenadering en bereidwilligheid en beskikbaarheid vir landbou. 

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, het daarna uitgebrei oor wat vir TLU SA die belangrikste is: om kommersiële boere by te staan sodat hulle veilig en volhoubaar op hul plase kan bly. Hy het beklemtoon dat kommersiële boere die grootste bate is waaroor die land beskik, en dat die kos op verbruikers se tafels die olie is wat die hele Suid-Afrika laat funksioneer. Van Zyl het verduidelik dat enige verantwoordelike regering die landbousektor behoort te koester, aangesien enige besigheid deur markkragte getoets word, wat ook van toepassing is op plase en die land as geheel.

Hy het vyf aspekte uitgelig wat na TLU SA se mening dringend aandag nodig het:

Landboubeleid: ‘n Plan om landbou te rig behoort gebaseer te wees op ekonomiese beginsels, met ‘n fokus op winsgewendheid en volhoubaarheid. Dit moet nuwe toetreders ondersteun wat die passie en verantwoordelikheid toon om suksesvolle boere te wees.

Eiendomsreg en Onsekerheid: Beleggingsvertroue is noodsaaklik vir ekonomiese groei. Privaat eienaarskap bevorder welvaart, en die korrekte benutting van beskikbare landbougrond is kardinaal vir voedselsekerheid. Daar is ook spesifiek klem gelê op die impak wat mynbou tans op die landbou-omgewing het.

Minimumloon en Arbeidswetgewing: Die huidige benadering tot minimumloon en arbeidswetgewing moet heroorweeg word om werkloosheid te verminder en die markkragte toe te laat om lone te reguleer.

Eskom en Ekonomiese Volhoubaarheid: Betroubare kragvoorsiening is van kritieke belang vir landbouproduksie. Die huidige wisselvalligheid in kragvoorsiening veroorsaak groot skade aan produksieprosesse.

Veiligheid: Die onaanvaarbare veiligheidsituasie, insluitend plaasaanvalle en diefstal, moet met die hoogste prioriteit aangespreek word om landelike gemeenskappe te beskerm.

TLU SA is dankbaar vir die geleentheid om hierdie kwessies direk met Steenhuisen te kon bespreek en sien uit na verdere samewerking om volhoubare oplossings vir die landbousektor te bevorder.

 

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.