Hoop Ongegrendeld

Sang is die hartklop van die lewe. Musiek het helende krag. Dit het die vermoë om mense vir ‘n rukkie uit hulle omstandighede te lig.

Dit was juis dié gedagte wat geboorte gegee het aan Hoop Ongegrendeld – ‘n virtuele koorproduksie van Lig in Duisternis. In die hartjie van die grendelstaat het ‘n groepie entoesiastiese gelowiges besluit om ‘n boodskap van hoop na Suid-Afrika uit te dra, met koormusiek.

Die organiseerders het verder gevoel dat hulle daadwerklik wil hulp verleen aan droogtegeteisterde boere en ander hulpbehoewendes in die land. Die wins van die produksie sal dus – onder die leiding van verskeie hulporganisasies, soos ORGANISASIE NAAM – aan hierdie groepe versprei word.

Ons wil met die Ongegrendeld Produksie aan enige persoon wat wil saamsing, die geleentheid gee om deel te neem.

Die proses is baie eenvoudig. Deelnemers registreer op die webwerf en kyk daar na die koorleier, Braam van Tonder se video met algemene riglyne. Daar is ook onder elke gidsvideo ‘n stemnota wat meer inligting oor elke stuk se interpretasie bevat.

Koorlede oefen dan die stukke, beplan en neem hulle opnames op. Dit word teen 10 September 2020 gestuur aan hoop@apkerk.co.za.

Daarna word die opnames verwerk tot een groot koorproduksie. Dit sal dan tussen 16 en 21 Desember deur Dapper Musiek gestroom word. Kaartjies word vir toegang verkoop en die wins word dan aan die boere geskenk.

 

Onthou, daar is geen harmonie wanneer almal dieselfde noot sing nie. Ons het jou stem nodig.

Sing Suid-Afrika!

 

Groete,

Die Hoop Ongegrendeld-span

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.