Die jaarlikse Jongboer-konferensie vind plaas op 25 Maart 2022. Die geleentheid vind plaas by ons Hoofkantoor, maar ook per Zoom bygewoon word. Die bekendstelling van die jaar Jongboer-kompetisie vind dan ook plaas. Gedurende die week van 11 Julie 2022 sal ons die finaliste op hul plase besoek waarna die wenners tydens die Kongres op 7 September bekend gemaak word.
Elke streek moet self drie finaliste aanwys wat dan besoek sal word. Ons is opgewonde oor die pryse wat met groot dank vanaf verskeie borge vir hierdie kompetisie verkry is en sal besonderhede daarvan tydens die Jongboer-konferensie bekend maak.
Streke moet intussen hul eie prosesse aan die gang kry om hul drie finaliste aan te wys.
Die toekoms van landbou is gesetel in die hande van die volgende geslag boere en daarom is hierdie vir ons ’n baie belangrike kompetisie en versoek ons die streke om asseblief seker te maak dat hulle die regte finaliste betyds identifiseer.