James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Jongboere het georganiseerde landbou nodig

Elke boer in Suid-Afrika – en veral die Jongboere – het georganiseerde landbou nodig.

Dit was die woorde van die uitgetrede voorsitter van die TLU SA Jongboerkomitee Henna du Plessis by die 2022 TLU SA Jongboer-konferensie.

“Boere se uitdagings is baie en groot, maar georganiseerde landbou is noodsaaklik om die uitdagings aan te spreek en suksesvol die hoof te bied. Boere kan nie sonder organisasie soos TLU SA nie. Jy is nie ’n eiland op jou eie nie. Ons is hier om hande te vat en betrokkenheid aan te moedig,” het Du Plessis gesê.

Die tema van die Jongboer-konferensie was: Diversifiseer jou boerderypraktyk.

Ds. Cassie Aucamp, Direksievoorsitter: Voortrekkermonument en Erfenisstigting het die konferensie geopen.

Jake Stols van Pretoria FM was die motiveringspreker en hy het boere en veral die jongboere aangemoedig om nie toe te laat dat die nuusberigte hul ontmoedig nie.

“Ek weet dit is nie maklik om te hoor van al die plaasaanvalle en -moorde nie en ook nie as nog ’n politikus vertel hoe hy/sy jou grond wil afvat nie. Maar ek dring aan by julle om eerder dit as motivering te gebruik om aan te hou boer en nie negatief te raak en moed te verloor nie. Dit is ’n seën om te kan boer,” het Stols aan die Jongboere gesê.

Jacob van der Westhuizen het gepraat oor die belangrike onderwerp van “Diversifikasie deur middel van Interkropering” (intercropping).

“Interkropering is ’n multi-verbouingpraktyk waar twee of meer gewasse gelyktydig op dieselfde oppervlak verbou word. Die primêre doel is om maksimum gekombineerde opbrengs op ’n bepaalde oppervlak te bereik deur die optimalisering van beskikbare hulpbronne. Daar is verskeie voordele en nadele aan dié bedryf betrokke,” het Van der Westhuizen gesê.

Van die voordele sluit in potensiële verhoogde uitset per oppervlak, verhoogde grondvrugbaarheid, verlaagde gronderosie en verhoogde waterinfiltrasie. Die nadele handel ondermeer oor ongeskiktheid vir gemeganiseerde boerdery, tydrowend en tydsberekening moet uiters spesifiek wees vir sukses.

Intercropping is ’n praktyk wat positiewe resultate in verskeie gewasse kan meebring. Daar is ’n moontlikheid van laer afhanklikheid van sintetiese bemesting en chemiese produkte. Meer diverse inkomste strome is ook moontlik.  Deeglike beplanning en groot kopskuiwe is egter eers nodig.”

Die 2021 TLU SA se Jongboer van die Jaar, Dawie Brits het oor die 2022 Jongboer-kompetisie gepraat.

“Dit was een van die beste ondervindinge van my lewe. Die wat nog nie ingeskryf het nie, maak sommer vandag nog so! Ek het baie geleer in die proses en om in te skryf, was definitief tot voordeel van my menswees en boerdery,” het Brits gesê.

Om in te skryf, besoek https://www.tlu.co.za/jongboere/

“TLU SA wil nie brul by die bloedkolle van die verlede nie… ons wil eerder die uitdaging identifiseer en oplossings daarvoor vind. Landbou moet leef sodat Suid-Afrika kan leef,” het TLU SA Hoofbestuurder Mnr. Bennie van Zyl gesê.

“Dankie vir leierboere wat toekomsgerig is omdat hulle glo in landbou en kultuur opdrag uit die Woord: bewoon, bewerk, bewaar.”

Van die ander sprekers was ekonoom Johan Kotze en Kobus Oberholzer en Ian Brink van TLU SA Welstandlessenaar. Die TLU SA Welstandlessenaar bestaan al vir vier jaar en lede word weereens aangemoedig om van die dienste – soos boedelbeplanning – gebruik te maak.

’n Nuwe Jongboer-komitee is gekies met Neels Uys as die voorsitter. Sy onder-voorsitter is Floris Booysen en die drie addisionele lede van die dagbestuur is Heinrich Roos, Jacques Fourie en Miekie Genis.

Kategorie:

Deel dit:

Jongboere het georganiseerde landbou nodig

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.