James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Jongboerkonferensie groot sukses: Denkwyse van die moderne boer

Die TLU SA Jongboerkonferensie 2025 het vandag, 14 Maart, by Future Africa, Universiteit van Pretoria, plaasgevind. Hierdie dinamiese geleentheid het meer as 120 jongboere bymekaar gebring vir ‘n propvol program wat fokus op die tema vir vanjaar se konferensie; Die denkwyse van die moderne boer.

Sprekers soos Wian Süllwald (TLU SA se Jongboer van die Jaar 2024), Jaco Cilliers (van ProAgri), Johann Pretorius (uitvoerende hoof van Farming Portal en Agri News Net), Pieter Kleingeld (van NWK), Phile van Zyl (van ZZ2), Laurika du Bois (van Agri Skills Transfer), en Megaboer George Barnard het almal insiggewende gedagtes rondom Die denkwyse van die moderne boer gedeel.

Jaco Cilliers van ProAgri het die verhoog betree om te gesels oor die belangrikheid daarvan om betrokke te raak by TLU SA en georganiseerde landbou. Volgens Cilliers is dit noodsaaklik om aktief deel te neem, by strukture betrokke te raak, hand op te steek, op komitees te dien en kundigheid te deel. “Sluit aan, word lid, en neem deel aan forums, werksessies en komitees. Boerdery is nie net ‘n beroep nie; dis ‘n roeping,” het hy beklemtoon.

Johann Pretorius, uitvoerende hoof van Farming Portal en Agri News Net, het sy perspektiewe gedeel oor die onderwerp “Vroue se stem in landbou”, terwyl Phile van Zyl van ZZ2 jongboere uitgedaag het om buite die boks te dink en alternatiewe markte te oorweeg.

Clemens Senekal, voorsitter van die TLU SA Jongboerkomitee, sê die Jongboerkonferensie is die perfekte geleentheid vir Jongboere om by mekaar te kom en saam te gesels oor denkwyse van die moderne boer en die pad vorentoe.

TLU SA se Jongboere se vooruitsigte vir die jaar sluit in die jaarlikse gholfdag vir die TLU SA traumafonds, TLU SA se kongres, Kragdag, Goliat van Gat Pampoenfees, en die Jongboer van die Jaar-kompetisie, sê Senekal.

Wian Süllwald, TLU SA se Jongboer van die Jaar 2024, het sy suksesverhaal met ons gedeel en gefokus op die onderwerp; Denkwyse vir sukses. Hy het jongboere aangemoedig om deel te neem aan vanjaar se kompetisie en hul denke op sukses te rig.

Boer George Barnard het met konferensiegangers gesels oor “Denkwyse vir groei”, en sluit af met Spreuke 4:23. “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”

“Ons emosies verander ons denke, wat lei na ons dade. Ons dade verander in gewoontes, wat uiteindelik ons karakter vorm.”

Clemens Senekal is ook tydens die konferensie weer as die Jongboerkomitee-voorsitter aangewys. Wian Süllwald is as ondervoorsitter verkies en sy vrou, Irmarie Süllwald, is as sekretaris.

TLU SA bedank alle media, borge en deelnemers wat hierdie konferensie moontlik gemaak het. ‘n Skakel sal binnekort beskikbaar wees om die verrigtinge aanlyn te kyk.

Jongboerkomitee 2025 | Foto: Plaas Media

Kategorie:

Deel dit:

Jongboerkonferensie groot sukses: Denkwyse van die moderne boer

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.