Die nuwe omstandighede in ons land met al die inperkings en wat daarmee saam gaan noodsaak nuwe inisiatiewe.
Vanjaar se Jongboerkonferensie is op ‘n erg aangepaste wyse aangebied en slegs enkele van die jong boere het fisies ‘n draai kom maak. Die ander het d.m.v. Zoom ingeskakel. Dat hierdie werkswyse gewis onpersoonlik is, staan soos ‘n paal bo water. Diegene wat dit wel fisies bygewoon het, het die konferensie met ‘n heerlike braai afgesluit.
Die tema van die konferensie was Die waarde van ‘n boer. Die geleentheidspreker was verlede jaar se wenner van die Jongboerkompetisie, Danie Bester, wat gefokus het op die benutting van tegnologie vir optimum wins. Die hele konferensie is op Youtube beskikbaar.
Ons wil graag ‘n woord van groot dank teenoor ons borge van die dag, Santam, Manitou, CMH Ford en Introlab uitspreek.