Landbou ‘n strategiese sektor, moet nóú veilig wees

Beide TLU SA en Agri SA het vandag ‘n beroep op hulle lede gedoen tot groter waaksaamheid en op die polisie om in die tyd hulle sigbaarheid in die landelike gebied te handhaaf. As landbou-organisasies besef ons dat daar nou baie druk op die polisie is en daarom het beide organisasies onderneem om met die polisie saam te werk om in die tyd toe te sien dat die landbou in ‘n veilige omgewing kan voortgaan met voedselproduksie.  

In die President se uitbreiding van die verklaring van ‘n ramptoestand om die verspreiding van die COVID-19 virus te bestry is die landbou uitgesonder as een van die essensiële sektore.  Dit bevestig weereens die strategiese waarde van dié sektor om in die ramptoestand voort te gaan om die bevolking te voed en voedselsekerheid te handhaaf. Die veiligheid van die sektor is dus ook van strategiese belang in die rol wat hy as ‘n essensiële sektor moet speel.  

Die twee organisasies het verder ‘n beroep op hulle lede gedoen om hulle huis en haard beskerming in plek te hou en ‘n verskerpte mate van veiligheidsbewustheid te handhaaf.  Skakeling met plaaslike beveiligingstrukture, die instandhouding van die plaasgemeenskap se beskermingsmaatreëls en die daarstel van ‘n plaaslike gebeurlikheidsplan is van die aspekte wat nou plaaslik aandag moet geniet.  

Die effektiewe toepassing van die  Landelike Beveiligingstrategie om die plaasgemeenskap veilig te hou en die Plaastoegang Protokol moet ernstig oorweeg word om toe te sien dat plaasbesoeke gemonitor kan word.  Landbouers moet nou meer as tevore bedag wees vir persone wat hulle wanvoorstel om so toegang tot die plaas te kry om misdaad te pleeg. Vir die veiligheid van die plaasgemeenskap is dit belangrik dat almal sal weet wie die plaas besoek en wat die rede vir die besoek is.  Die ramptoestand kan die geleentheid aan misdadigers bied om die boerderygemeenskap te teiken en deur die toepassing van die protokol kan dit as afskrikmiddel dien en ‘n bydrae lewer tot plaasbeveiliging.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.