Onteieningswetsontwerp –’n direkte gevolg van ANC-faksiepolitiek

Mediaverklaring deur die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte *

Eiendomsreg is een van die pilare van stabiliteit in menige land wat suksesvol is en suksesvol bly ontwikkel. Onteiening van eiendom – hoe ook al verdoesel – bring onsekerheid en wanneer dit ideologies toegepas word bring dit rampspoed en ellende. Die Zimbabwe-opsie het  die laaste paar jaar momentum in Suid-Afrika verkry met die ANC se nasionale konferensie in Desember 2017 rondom die aanvaarde voorstel van onteiening sonder vergoeding.

Sedert 2008 is die Ad Hoc groep vir die beskerming van Eiendomsreg reeds gemoeid met weerstand teen die ANC se volharding van onteiening op een of ander wyse. Daarom betreur ons die kortsigtige volharding en beheptheid van die ANC-regering om wetgewing te stoomroller waarbinne bates by implikasie onteien kan word sonder vergoeding. Die implikasies hiervan gaan die meganismes wat onder andere noodsaaklik is om welvaart te skep, die ekonomie te groei en ’n beter toekoms vir Suid-Afrika se inwoners te kan skep, al meer vernietig.

Die beheptheid met ’n uitgediende ideologiese beskouing wat wêreldwyd nog net armoede en baie hartseer veroorsaak het is welbekend. Jaco Schoeman, sameroeper van die Ad Hoc Groep het beklemtoon dat Suid-Afrika vandag en met aanvaarding van die wetsontwerp die vrugte pluk van die ANC se faksiegevegte wat net groter beleidsonsekerheid tot gevolg het.

Schoeman het bygevoeg dat die netwerk van organisasies in die Ad Hoc Groep ʼn direkte belang het daarby dat die land suksesvol funksioneer vir al sy mense. Dit kan egter nie in ʼn omgewing gedoen word wat ʼn rampspoedige uitkoms as gevolg het nie. Omdat ons ʼn baie hoë premie plaas op voedselsekuriteit, moet ons ons kommer registreer en ons stem laat hoor.

Hierdie drakoniese wetgewing sal nou buite die Parlement met alle mag beveg moet word. Die ANC se mislukkings kan nie meer met ondeurdagte wetgewing herstel of regbestuur word nie. Alle rolspelers wat die kommer deel word versoek om van hulle te laat hoor. Hierdie is gewis nie iets wat maar goedsmoeds aanvaar kan word nie. Die implikasies is te groot en te verreikend. Ons is bewus van verskeie organisasies en moontlik ook politieke partye wat reeds litigasie oorweeg. Waar nodig sal ons litigasie ondersteun of sal rolspelers koördineer ten einde litigasie kapasiteit te kombineer.

Foto: Matt Forster on Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.