Plaasmisdaad is meer as net statistiek

(Fotokrediet: Canva)

TLU SA is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse owerhede meer op misdaadstatistiek as op misdaad self fokus.

Volgens TLU SA se nuutste statistiek is 18 plaasaanvalle en twee plaasmoorde tydens Januarie en Februarie 2024 aangemeld. Hoewel dit laer as in Januarie en Februarie 2023 is toe 38 plaasaanvalle en vyf plaasmoorde aangemeld is, moet ons waak om nie net met ‘n statistiese oefening besig te wees nie. Agter die syfers is die werklikheid van traumatiese lewensverlies, voedselsekerheid wat bedreig word en werksgeleenthede wat in gedrang kan kom.  

 “Alhoewel daar ‘n afname is in die aantal plaasaanvalle en moorde wat in die eerste twee maande van die jaar aangemeld is, wil TLU SA die publiek steeds waarsku om veiligheidsbewus te bly en landelike veiligheid ‘n prioriteit te maak,” sê Gawie Lötter, TLU SA dienste bestuurder.

In die lig van die opkomende verkiesing is dit maklik vir die publiek om hulself blind te staar teen die beloftes wat politieke partye maak met die hoop om stemme te werf of behou.  Suid-Afrika se kommersiële boere is onder druk en dit word deur onrealistiese politieke beloftes vererger.

Die moeilike beleidsomgewing waarbinne landbouers moet boer skep ook nie die nodige vertroue vir buitelandse beleggings nie. Kernaspekte soos landelike veiligheid en goeie infrastruktuur, wat kragvoorsiening insluit, daal daagliks en stimuleer nie ekonomiese groei vir Suid-Afrika nie. 

Die afgelope somer se hoë temperature en daarmee gepaardgaande droogte wat op ‘n kritieke groeityd groot dele van ons land getref het, het op baie plase rampspoedig geëindig met boere wat hul hele oes verloor het. 

Bennie van Zyl, TLU SA hoofbestuurder, voeg by dat plase as die ruggraat van die samelewing dien.  “Plase voorsien noodsaaklike voedsel en dra tot die ekonomie by. Voedselsekerheid is een van ‘n land se belangrikste stabiliseerders en gegewe Suid-Afrika se werkloosheid en gepaardgaande armoede, des te meer. Ons kan nie bekostig om ons voedselproduseerders te verloor nie. ‘n Regering wat nie besef dat hul grootste bate inderdaad suksesvolle kommersiële boere is nie, is uiters kortsigtig. Dié boere behoort gekoester te word en alles moontlik moet gedoen word om hulle in produksie te hou.”

Landelike veiligheid bly steeds die staat se verantwoordelikheid, maar by gebrek aan prestasie speel die boer ‘n groot rol. So behoort die hele Suid-Afrika, en veral politieke partye, dit ook as ‘n baie hoë prioriteit te beskou.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.