James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Landbou wéér stabiliseerder in sukkelende SA-ekonomie met 13.5% groei in eerste kwartaal

Die landbou-organisasie TLU SA is trots op die land se kommersiële boere en wil elkeen gelukwens met bydrae tot ekonomiese groei in die eerste kwartaal van die jaar. Die landbousektor het weereens sy veerkragtigheid bewys en as ‘n stabiliserende krag in Suid-Afrika se wankelende ekonomie opgetree, met ‘n indrukwekkende groei van 13.5% in die eerste kwartaal. Dit terwyl die algehele ekonomie in dieselfde tydperk met 0,01% gekrimp het.

Die seisoenale prosesse waardeur landbou deurlopend gaan, tesame met klimatologiese uitdagings, veroorsaak dat die sektor van kwartaal tot kwartaal besonder goed kan presteer, om dan in die volgende kwartaal weer swakker te presteer. Daarom is dit noodsaaklik om landbou se bydrae op ‘n holistiese wyse te beskou.

Dit is nie net die BBP-syfers wat bepalend is nie; die strategiese noodsaaklikheid van ‘n suksesvolle landbousektor moet beslis ook in ag geneem word wanneer landbou se bydrae tot ‘n gesonde ekonomie ondersoek word. “Voedsel op die tafel kan gesien word as die olie wat die ekonomiese ratte van alle sektore laat funksioneer,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Neem die kos weg, en anargie sal losbars en geen sektor sal funksioneer nie.”

Suid-Afrika staan op die vooraand van ‘n herskommeling van die politieke magte wat bepalend is in die vorming van beleid. Die afgelope 30 jaar was daar eenvoudig te veel ideologie in die bepaling van landboubeleid en te min ekonomie, meen TLU SA.

“Landbou presteer goed ten spyte van ‘n uiters onseker beleidsomgewing, sowel as inmenging van regeringskant in aspekte wat deur die markkragte gereguleer behoort te word. Die winsgewendheid in verskeie kommoditeite ry gereeld wipplank, wat individuele boere onder uiterste druk plaas,” sê Van Zyl. “Voeg die klimatologiese veranderlikes by, en dit word duidelik hoe groot die risiko is vir die landbou in sy geheel.”

TLU SA beklemtoon opnuut dat die waarde van elke kommersiële boer hoog aangeslaan moet word, gegewe die strategiese belangrikheid van kos op die tafel vir ons land. Dit is veral die regering wat dit in beleid en praktyk met ondersteuning moet tentoonstel.

Foto micheile hendersonUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Landbou wéér stabiliseerder in sukkelende SA-ekonomie met 13.5% groei in eerste kwartaal

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.