Landbousektor Voorsorgfonds | Januarie 2023

Die Landbousektor Voorsorgfonds is gestig met die doel om aftreevoordele aan werkgewers (boere) en hul plaaswerkers te voorsien. Die fonds voldoen aan die vereistes van die Wet op Pensioenfondse en is dienooreenkomstig geregistreer. Die unieke fonds stel deelnemende werkgewers in staat om aftree-, sterfte-, begrafnis- en ongeskiktheidsvoordele aan plaasarbeiders en ander werknemers in die Landbousektor te bied.

’n Raad van Trustees bestuur die Landbousektor Voorsorgfonds en bestaan uit verteenwoordigers van Agri SA, LWO, TLU SA, MEC en Verso Finansiële Dienste. Verso Finansiële Dienste is met ingang van 1 Oktober 2023 deur die Trustees as fondsadministrateurs aangestel.

By aftrede is die lid geregtig op ’n uitbetaling van die totale waarde van sy/haar spaarkomponent in die fonds (onderhewig aan belasting). Die lid kan op enige stadium tussen ouderdom 55 en 70 jaar aftree.

By diensverlating (bedanking of aflegging) voor aftrede sal die lid geregtig wees op ’n kontant uitbetaling van die totale waarde van sy/haar spaarkomponent in die fonds (onderhewig aan belasting). Die lid het ook die keuse om hierdie voordeel oor te plaas na ’n ander deelnemende werkgewer in die fonds, of ’n bewaringsfonds. Die lid het ook die keuse om die voordeel in die fonds te laat tot normale aftree ouderdom.

Plaaswerkers maak meestal staat op hulle liggaamlike vermoëns. Ongeskiktheidsdekking bied gemoedsrus indien iets onvoorsiens gebeur.  

Sterftedekking bied ‘n enkelbedragvoordeel in die geval van die afsterwe van ‘n lid.

Vir meer besonderhede kontak Ben de Jager by ben@verso.co.za of 0714953333.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.