Op Landbouspore het TLU SA die afgelope ruk in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere veilig en volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het gesels met:
- Sybil Visagie van Save the Sheep oor hoe hierdie inisiatief help dat boergesinne en -werkers ‘n bestaan kan maak;
- Bennie van Zyl gesels oor die Landbou Sektor Finansiële Dienste Maatskappy en hoe dit vir boere van waarde kan wees;
- Bennie van Zyl en Henry Geldenhuys het onlangs by die Devon Boere-Unie ingeloer om dankie te sê vir die groot skenking om TLU SA se fondse aan te vul;
- Chris van Beljon van Droogtehulp SA en die Bring Hoop Projek gesels oor hoe hierdie organisasie mense help wat deur droogte geknel word.
Vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.