Op Landbouspore het TLU SA die afgelope ruk met verskeie rolspelers wat bydra om boere veilig en volhoubaar op hulle grond te hou, in gesprek getree. Ons het gesels met:
- Azelle Uys ter viering van Moedersdag. Sy verduidelik hoe belangrik dit is om jou prioriteite reg te hê as werkende ma.
- Juanita du Preez gesels met Petrus Sitho, ‘n aktivis teen plaasmoorde.
- Daar word ook met Henna du Plessis gesels oor die Jongboerkomitee se vooruitsigte vir die jaar.
- Die vollengte video van die TLU SA Jongboer-konferensie is ook op TLU SA se YouTube-kanaal beskikbaar.
Vorige opnames is op die YouTube-kanaal en ook die webwerf beskikbaar.