Limpopo Revitalisation of Agriculture and Agro-processing Value Chain (RAAVC) beraad

Tydens die onlangse Limpopo Revitalisation of Agriculture and Agro-processing Value Chain (RAAVC) beraad, was dit duidelik dat blanke boere weereens nie hoog op die prioriteitlys vir landboubevordering is nie.

Die primêre doel van die beraad wat van 29 – 30 November 2023 in Modimolle gehou is, was om te poog om lewe in die plaaslike ekonomie te blaas. Die plan is om swart boere en hul ontwikkeling te prioritiseer en seker te maak dat hulle aktief kan bydra tot die verbouing en produksie van verskillende kommoditeite.

“Tydens die beraad het dit duidelik na vore gekom dat die miljoene rande wat in die verlede aan swart opkomende boere in Limpopo spandeer is, en in die toekoms sal voortgaan, nie gaan bydra tot die volhoubaarheid en winsgewendheid van landbouprojekte nie,” sê Danie Prins, TLU SA Noord Streekbestuurder.

Die LUR van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Mnr Thabo Mokone, het klem gelê op die verskeie uitdagings wat die departement in die gesig staar. Die gebrek aan finansiële hulpbronne en befondsingsmeganismes belemmer verder die aankoop en ontwikkeling van boerderytoerusting, masjinerie en infrastruktuur. Eiendomsverenigings en -organisasies vertraag projekte wat bedoel is om gemeenskappe te bevoordeel en werk te skep. Konflik onder begunstigdes wat ywer vir leiersposisies het vordering met gemeenskapsprojekte en grondbesitkwessies vertraag, en ontmoedig ook beleggings uit die privaat sektor.

“Begunstigdes se landbou-, tegniese-, en finansiële kennis en ervaring om boerderybedrywighede volhoubaar en winsgewend te bedryf is onvoldoende,” meen Prins.

Tydens die beraad het Dr Mmatlou Kalaba van die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) ook die belangrikheid van samewerking tussen die regering en belanghebbendes aangespreek. Hy het gewaarsku dat indien die uitdagings met hawens, beurtkrag, biosekuriteit en infrastruktuur nie aangespreek word nie, sal enige vordering wat in die landbousektor gemaak is tevergeefs wees. Kalaba het ook kommer uitgespreek oor die afname in kommoditeite in Limpopo en genoem dat die regering sal moet ingryp om groei in die provinsie te verseker.

Dr Simphiwe Ngqangweni, HUB van die nasionale landboubemarkingsraad, het verklaar dat die implementering van die meesterplan vir landbou en landbouverwerking, wat die potensiaal het om geleenthede in die sektor te ontsluit, op hande is. Daar word egter steeds besluite deur plaaslike munisipaliteite geïmplementeer wat Limpopo se kommoditeite negatief sal beïnvloed.

“In ander nuus het die Musina plaaslike munisipaliteit ‘n groep van 70 opkomende boere ingelig dat hulle die gebied waar hulle al meer as 10 jaar boer moet verlaat om plek te maak vir ‘n nuwe woonbuurt,” sê Prins.

In ‘n brief, gedateer 24 Oktober 2023, het die munisipaliteit verklaar dat die nuwe Messina-Nancefield uitbreiding 15 woonbuurt daar gevestig gaan word. Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake beplan om grondpaaie te bou, en water- en riool dienste te verskaf. Dit is duidelik dat die een hand nie weet wat die ander hand doen nie.

TLU SA betreur dat die regering steeds op ‘n ideologiese pad om nuwe deelnemers die geleentheid te gee om die landbou omgewing te betree volhard, eerder as om ‘n plan wat op ekonomiese beginsels gegrond is te volg. TLU SA het al in 2005 ‘n realistiese, praktiese en uitvoerbare plan saamgestel en aan die regering voorgelê.

Dit is duidelik dat ekonomiese volhoubaarheid en winsgewendheid nie die regering se fokus is nie. Dit is weer ‘n geval van bewese grondbeginsels en uitgangspunte wat deur ‘n transformasie agenda vervuil gaan word. Die uitkomste van die laaste 30 jaar sal steeds ervaar word indien daar nie op ‘n plan met ekonomiese beginsels gebou word nie. ‘n Plan wat op winsgewendheid, kundigheid, passie en verantwoordelikheidsin gebasseer is sal volhoubaarheid tot gevolg hê.

 

Foto Gabriel JimenezUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.