James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Manifes (Artikels 7 en 8)

Artikel 7:  Die versterking en bemagtiging van TLU SA is vir my ’n prioriteit. Ek sal daarna streef om tot voordeel van die landboubedryf en my medeboere TLU SA se goeie beeld te beskerm en uit te bou.

Die krag van TLU SA is in sy lede gesetel. Dit is elkeen se meelewing en insette wat maak dat daar kollektief planne gemaak kan word. Elke lid is ’n ambassadeur en die wyse hoe daar beginselvas en onwrikbaar standpunt ingeneem word, is bepalend van hoe ons as organisasie se profiel gaan lyk. Dit verg nie om ’n heethoof en net dwars te wees nie, maar om op te staan vir dit wat reg is. Dit is in die lewe belangrik om “vir” iets te wees en nie net “teen” iets nie.  Daarom is dit belangrik dat ons strukture  behoorlik moet funksioneer. Dit begin by elkeen self om net hul deel te bring – saam word ons dan ’n krag.

 

Artikel 8:  Ek is trots daarop om as verskaffer van voedsel en vesel ’n bydrae tot die welstand van die totale bevolking en die land se ekonomie te lewer.

Die afgelope tyd van inperking rondom COVID-19 was dit duidelik dat die waarde van kommersiële landbou homself gevestig het as die grootste bate van die land. Sonder kos op die tafel sal die hele land tot stilstand kom en ophou funksioneer. Elke boer is ’n trotse draer van daardie naam wat as groep die grootste stabiliseerder in die land is.

 

Kategorie:

Deel dit:

Manifes (Artikels 7 en 8)

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.