Klousule 11: Ek respekteer en onderwerp my aan die reëls en regulasies van TLU SA soos in die Grondwet vervat.
Die Grondwet bevat die basis van TLU SA se bestaansrede. Daarin word die begronding sowel as die wyse van funksionering uiteengesit om ’n ordelike werkswyse te verseker. Die Kongres as hoogste gesagstruktuur van TLU SA bepaal die inhoud van die Grondwet.
Klousule 12: Ek onderneem om my finansiële verpligtinge as lid getrou na te kom.
Om kollektief die ratte van TLU SA glad te laat funksioneer verg bepaalde kapasiteit. Die lede gee hul verbintenis aan dit waarvoor TLU SA staan deur hulle ledegeld betyds te betaal. Dit gee vir elke lid inspraak en benutting van die resultate wat gesamentlik verkry word. Sodoende maak elkeen ’n bydrae om te help dat landbou kan lewe.