Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Media en TLU SA Donderdag | 02 April | 2020

TLU SA se mediadag – waar ons tradisioneel die media bedank vir die rol wat hulle speel om landbou te versterk – moes ongelukkig as gevolg van die inperking uitgestel word. Aangesien dit nog onduidelik is wat na die 21 dae gaan gebeur wil ons nie nou reeds ‘n nuwe datum vasmaak nie en sal dit dan eers later bevestig.

Tydens die geleentheid sal TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes, ‘n voorlegging aanbied wat handel oor ‘n nuwe aanslag vir landbou waarin die hele waardeketting ontleed word. Dié projek word in samewerking met IQ Logistica as Agri Quantum aangebied.