Die minister van landbou het met die aanvang van die regulasies oor die beheer oor COVID-19 ‘n taakspan saamgestel om haar te adviseer oor hoe die voedselketting in stand gehou moet word.
Dit is jammer dat die regering, selfs in ‘n tyd soos hierdie, kies om steeds eerder ideologie te speel in plaas daarvan om elke besluit ‘n ekonomies volhoubare keuse te maak.
Daar word aan die wêreld voorgehou dat die R1,2miljard geskenk word aan boere om te verseker dat daar voedselsekerheid sal wees. Dit is ironies dat daardie skenking gemaak word aan die landbouers wat volgens StatsSA ‘n bydrae van slegs 1,9% van die voedselproduksie verteenwoordig.
Hierdie diskoers is in die taakgroep uitgewys.
Die regulasies word verder nog verskillend geïnterpreteer op verskillende plekke in die land wat dinge onnodig kompliseer. Die minister is versoek om ‘n elementêre riglyn uit te vaardig wat al hierdie onduidelikhede uitklaar.