Daar word daagliks verneem van die swaarkry wat ons mense in hierdie ekonomiese klimaat ervaar. Werksgeleenthede droog op en die voedselnood raak net groter en groter.
Ons is bewus van heelparty van ons lede wat voedselprodukte van tyd tot tyd aan instansies soos Helpende Hand of Volkshulp 2000 en selfs by plaaslike instellings wat gebuk gaan onder nood, gaan aflewer. Baie dankie daarvoor en wil ons tog weer dit onder die aandag bring dat indien daar moontlik voedsel is wat beskikbaar gestel kan word dit op baie plekke kan help om groot nood te verlig.
Foto: Adrian Swancar | Unsplash