Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Noord-Kaap toer groot sukses Maandag | 13 Desember | 2021

Mnr. Bennie van Zyl, Hoofbestuurder, en Jannie Roux (Streeksvoorsitter) het onlangs ’n week in die streek spandeer en groot doelwitte vir TLU SA bereik.

In Garies en Strydenburg is boere-unies gestig en in verskeie van die dorpe is daar groot ontvanklikheid vir sulke strukture in die nabye toekoms.

“In Springbok het ons met plaaslike organisasies gepraat oor die grootskaalse stroping van vetplante in die Namakwaland, ons was ook in Porterville in die Wes-Kaap vir ’n streekskonferensie,” het Roux vertel.

“Dit was omtrent ’n besige week en daar was verskeie punte wat vir my uitgestaan het. Dit was ’n riem onder die hart om die groot dankbaarheid vir die hulp wat TLU SA se Traumafonds lewer, te sien. Ons vra dat mense asseblief aanhou skenk waar moontlik, alles word uitgedeel en niks word teruggehou nie.”

Volgens Roux was dit duidelik dat mense ’n behoefte het om te weet hulle is nie alleen nie en dat die land se inwoners agter hulle staan.

“Die Traumafonds is baie belangrik vir TLU SA. Ons wil graag soveel help as moontlik, maar om ons mense in nood by te staan, het ons ook hulp nodig.”

Vir meer besonderhede oor die Traumafonds besoek TLU SA se webtuiste by www.tlu.co.za

Nuwe lede is ook gewerf in verskeie areas.

“Mense wil betrokke wees en daarom het ons 17 nuwe lede met Presidentlidmaatskap gewerf. Dié lidmaatskap is vir die boere in rampgebiede wat nie tans kan bekostig om ledegeld te betaal nie. Dit is vir TLU SA belangrik om alle boere wat betrokke wil wees die kans te gee en seker te maak hulle hoef nie op die kantlyn te staan nie.”

Verskeie dele van die Noord-Kaap het lekker reënval gekry en dit was goed om te sien hoe dankbaar die natuur is.

“Daar het heelwat reën geval en daarvoor is ons dankbaar. Daar is egter nog streke wat onder ramptoestande gebuk gaan. Ons bid vir hulle,” het Roux bygevoeg.

 

Foto:  Richard Brooksbank/Dreamstime.com
Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 309

sluit aan

Sluit aan
POPI

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 309