Noord Streek Nuus

Landbou toestande is in sekere gebiede baie swak met plekke wat vyf jaar gelede normale reënval gehad het. Meeste van ons lede het dit deur die winter gemaak en ons begin nou kort-kort opkyk in die rigting waar die reën moet kom.

In Noordstreek is ons landelike veiligheidstrukture so georganiseer dat ons sonder enige probleme kon oorskakel na die provinsiale polisie se bevelstruktuur wat die rigting van distrik munisipaliteite ingeslaan het. Arbeid onrus en gerugte daarvan is ook aan die orde van die dag, aangehits deur mense wat hulle voordoen as vakbond verteenwoordigers.

Plaaslike owerhede in Limpopo is soos die ander in Suid-Afrika, heeltemal bankrot. Dienslewering bestaan nie en die kleiner dorpe gaan daagliks agteruit. Die ANC-beheerde plaaslike owerhede begin om skielik brûe na landbou te bou, eerstens omdat landbou die enigste oorblywende stabiele werkgewer is en landbou ook gebruik kan word om plaaslike ekonomie te versterk.

 

Kongres

Namens die  bestuur en lede van die Noordstreek baie geluk aan mnre. Henry Geldenhuys en Wannie Scribante met hulle verkiesing as onderskeidelik president en adjunkpresident van TLU SA. Hulle word baie sterkte toegewens en wees verseker van ons steun met wat ook al ter wille van die uitbou van TLU SA beoog word. Dan sê ons ook vir die uitgaande president, mnr. Louis Meintjes, baie dankie vir sy leierskap die afgelope tien jaar, mag jou boerdery en sakebelange uitbrei en jy daarmee steeds sukses behaal.

Die moderne manier van kongres hou was binne die omstandighede goed. Bywoning in ons streek was besonder goed met en lede en nie- wat dit nooit op die tradisionele wyse kon bywoon nie, wat nou die geleentheid kon meemaak. Ons dank aan Lynne vir haar harde werk en al die ander by hoofkantoor wat julle uitstekend van julle taak gekwyt het met die nuwe manier van doen.

Geluk ook aan die wenners van kompetisies tot dusver, soos u weet, kom die res van die wenners in elk geval jaarliks uit die Noordstreek 😉.

Noordstreek hou sy reorganisasie AR op 1 Oktober 2020.

 

DLU nuus

Pietersburg DLU vier vanjaar hulle 100ste verjaardag en Izelle en haar span is hard besig met die organisasie van die viering. Indien u oor enige staaltjies of materiaal beskik wat sy kan gebruik kan julle dit direk vir haar stuur by 082 815 1639.

Soutpansberg DLU se voorsitter, Fanie Havenga, het die Vhembe Distrik se uitvoerende burgemeester onlangs ontmoet. Anders as om onnodig polities korrek te wees, maar (net-net) binne protokol, het Fanie dadelik wou weet oor dienslewering aan landbou en veral die opruim van vullis wat strome en riviere erg besoedel. Die munisipaliteit het kennis geneem en die volgende dag ’n trok met werkers uitgestuur. Politieke korrektheid het miskien sy plek in die parlement. By Soutpansberg DLU is “…laat die werk gebeur…” meer produktief as politieke korrektheid en …the way forward…

By die Ellisras DLU het Juanita Swanevelder na 18 jaar as DLU sekretaresse haar swanesang gesing en ’n nuwe beroep as boekhoudster by ’n bekende firma in Ellisras aanvaar. ‘n Waarnemende DLU sekretaresse help uit tot Ellisras hulle reorganisasie eersdaags sal afhandel.

Niemand sê iets oor Potgietersrus DLU nie, hulle praat self en by wyse van daad eerder as by wyse van woord. Hulle is ook maar ’n  beskeie  groepie mense, maar die plaasmoord optog sal nog lank onthou word. Elke lid van Potties DLU se lede was betrokke, op watter manier ook al. Dis al…. Tot in die buiteland!

Die Loskopvallei BU-gebied word erg geraak deur landelike misdaad omdat dit naby genoeg aan Gauteng is om oornag etlike bakkievragte lemoene en ander produkte te verloor. Die suide van die gebied, ook weens die nabyheid van etlike Midnight Fresh Produce and Meat afsetpunte, maak dat veediefstal steeds aan die toeneem is.

 

Eskom

Direk na Noordstreek se reorganisasie word ’n besoek aan die provinsiale Eskombestuur beplan met net een agenda item: die hoë en onnodige lynhuur koste.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.