James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Noordstreek: Sukses teen prospektering

Ook die land se noordelikste provinsie word toenemend geteiken met prospekteringsaansoeke van instansies wat wil myn.

TLU SA se Noordstreek was instrumenteel daarin dat ’n prospekteringsaansoek in die Warmbad-omgewing teruggetrek het.

Net soos dit al die gewoonte van die Staat is om moeilike wetgewing oor Desember te promulgeer, het Samancor dieselfde gedoen toe hulle in die vakansietyd kennis gegee het dat hulle aansoek gedoen het om te prospekteer op die plaas Droogekloof, aangrensend tot die Mabalingwe Natuurreservaat. Belanghebbendes moes hulle belang verklaar baie vroeg in die nuwe jaar. TLU SA se Waterberg DLU, asook die Mabula Boerevereniging het hulle as belanghebbendes geregistreer.

Samancor wou soek vir chroom en platinum.

TLU SA se prokureur, Tiaan van Dyk, het waardevolle raad gegee wat gebruik is en uiteindelik het Samancor die aansoek teruggetrek.

Verskeie ander aansoeke is intussen op ander plekke geregistreer en dit is veral onbekende swart bemagtigingsmaatskappye wat probeer om die mynbedryf te betree. Dit sal, soos elders in die land, geweldige invloed op die landboubedryf hê, terwyl die Waterberg bewaringsgebied onherstelbaar beskadig sal word sou so ’n proses voortgaan.

Deel dit:

Noordstreek: Sukses teen prospektering

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.