Noordwes-streek nuus

Die meeste boere in Noordwes is besig met die stroop van graan.

Sojabone is reeds 90% klaar gestroop met baie goeie opbrengste. Die prys is ook heelwat beter as verlede jaar. Die boere wat vanjaar sojabone in hierdie provinsie geplant het, is besonder geseënd.

Sonneblomlande is sowat 50% klaar gestroop, met gemengde opbrengste. Daar is gedeeltes met ʼn baie goeie opbrengs, maar sekere lande is erg besmet met sclerotina wat tot 75% van ʼn oes kan affekteer. Pryse vir sonneblomsaad is beter as verlede jaar.

Mielies is so drie tot vyf persent gestroop, met baie goeie opbrengste. Hier is die prys van wit- sowel as geelmielies swakker as verlede jaar, maar boere behoort hierdie jaar met die groter oes, beter af te wees.

Beesboere ondervind tans ʼn moeilike tyd. Die bek-en-klouseer uitbreking vroeër, sowel as COVID-19, het ʼn dramatiese verlagende effek op vleispryse. Speenkalfpryse het byvoorbeeld in net een maand met amper 30% gedaal.

Weiding toestande, sowel as die kondisie van vee is tans baie goed en boere vertrou dat veepryse mettertyd sal terugkeer na normaal.

Die diefstal van vee, landbouprodukte en nou ook landboutoerusting, is ʼn uitdaging vir enige boer en die bekamping daarvan bly ʼn groot uitgawe.

Die boere van die Noordwesprovinsie ondervind een van die beste landbouseisoene in jare en daarvoor dank ons die Hemelse Vader vir Sy genade en liefde.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.