Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Noordwes & Vrystaat Nuus Woensdag | 30 September | 2020

Baie geluk aan die veiligheidsvoorsitter in die Noordwesstreek, Theunis Kruger (by die Lichtenburg DLU) wat TLU SA se veiligheidstrofee vir 2020 gewen het.

Ons gelukwensinge ook aan Bertus van der Westhuizen van die Heilbron BU en die Streekvoorsitter van TLU SA in die Vrystaat wat by TLU SA se onlangse virtuele kongres aangewys is as TLU SA se landboupersoonlikheid vir 2020.

Geluk ook aan die nuutverkose TLU SA leiers. Sterkte word hulle toegewens vir die gedugte taak lê wat vir hulle voorlê.

In beide provinsies is die meeste graanboere besig om gereed te maak vir die komende plantseisoen. Vroeë lentereëns sal op hierdie stadium baie welkom wees.

Landboumisdade is steeds aan die orde van die dag met veral veeboere wat deurloop onder veral potslagting wat toeneem soos die hongerpyne toeneem onder die werklose massas.

Boere in die provinsies sien uit na ‘n goeie landboujaar met die voorspelling van ‘n bogemiddelde reënseisoen.

 

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons