James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Nuus uit die Oosstreek: Julie 2019

Die twee streeksvergaderings wat vanjaar reeds aangebied is, was van groot waarde vir die boere wat dit bygewoon het. Die volgende vergadering voor die Kongres in September is op 3 Augustus in Ermelo. TLU SA se Hoofbestuurder, Mnr. Bennie van Zyl en ander kenners oor landbou-aspekte sal as sprekers optree.

Oestyd

Boere in die streek is amper klaar gestroop en dit het oor die algemeen baie goed gegaan. Die beter oeste het agt tot nege ton per hektaar gelewer terwyl daar op plekke soos Greylingstad ‘n swakker opbrengs van twee tot drie ton geoes is. Dit word algemeen aanvaar dat die jaar se oeskattings optimisties was en dat die nasionale mielie-oes laer as 10 miljoen ton kan wees. Dit sal ongetwyfeld ekonomiese druk op die landbougemeenskap plaas.

Veldbrande

Dit is noodsaaklik dat boere op die Hoëveld veral in die wintermaande die maksimum voorsorg tref teen veldbrande en ook by brandverenigings aansluit. Veldbrande rig groot skade aan met boere wat winterweiding verloor en ‘n verlies aan bale ervaar as gevolg van brandstigting en sabotasie.

Veediefstal

Verskeie deurbrake is die afgelope maand gemaak met die inhegtenisname van sindikaatlede betrokke by veediefstal. Die verbetering van die verhouding met die polisie se veediefstal-eenhede het bygedra tot die sukses hiervan. Die streek werk hard om hierdie verhouding op goeie voet te hou, maar as gevolg van die swak ekonomiese toestande word daar nie voorsien dat die situasie vinnig gaan stabiliseer nie.

Veiligheid van roetes

Die veiligheidsituasie in die Oosstreek bly onstabiel en die lewering van mielies by silo’s is in gedrang. Dit is veral die stop en onderskep van swaarvoertuie wat die roetes wat deur boere gebruik word, onbegaanbaar maak. Volgens terugvoer word bestuurders uit voertuie gepluk om te bepaal of hulle buitelanders is. Frustrasie oor swak dienslewering lei ook daartoe dat voertuie aan die brand gesteek word.

Plaasveiligheid

Die polisie in die Ermelo-distrik het ‘n verskerpte veldtog om plaasveiligheid te bevorder van stapel gestuur. ‘n Polisielid is aan die omgewing toegewys en van ‘n voertuig voorsien om patrolleerwerk te doen. Die sigbare teenwoordigheid en beter kommunikasiekanale word goed ontvang. TLU SA se verwagting is dat die tipe aksie voortaan verder uitgebrei sal word.

Grondeise

Verskeie ou grondeise word weer die afgelope ruk bespreek. Dit is kommerwekkend dat ou sake – wat van 2006 en 2012 dateer – waarin die howe reeds uitsprake gelewer het, deur die departement geïgnoreer word. Daar is tot nou toe geen aanduiding dat summiere onteieningsbevele deur die departement uitgereik gaan word nie, hoewel die eise in opdrag van die minister so vinnig as moontlik afgehandel moet word. Dié situasie weerspieël die gebrek aan kapasiteit in die departement en kan nie aan die landbougemeenskap en TLU SA opponering van eise toegeskryf word nie. Beamptes is sterk ingestel op die mediasie van eise eerder as regsgedinge in die howe. Maar Adv. Rudolph du Plessis het dit tydens die vorige Kongres duidelik gestel dat ‘n onteieningskennisgewing of -proses wel ‘n regsproses sal wees en nie bloot ‘n dokument wat deur die minister uitgereik word, kan wees nie. ‘n Grondeienaar sal steeds so ‘n kennisgewing in ‘n hof kan teenstaan.

Deel dit:

Nuus uit die Oosstreek: Julie 2019

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.