James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Nuus Uit Die Streke | Noordwes & Vrystaat | Januarie 2022

Daar het buitengewoon hoe reënval in Vrystaat en dele van Noordwes voorgekom. Dit het gely tot skade van 1000de hektare as gevolg van verspoeling en versuiptoestande.

Op 5 Januarie 2022 het ons in skrywes, gerig aan die Vrystaat en Noordwes Departemente van Landbou, versoek dat daar ‘n opname van hierdie skade geneem moet word en dat boere wat die swaarste getref is, skadevergoeding moet ontvang.

Ons het ook in die skrywe versoek dat die gebiede wat onder hierdie natuurramp deurgeloop het tot rampgebiede verklaar moet word.

TLU SA wil graag sy lede daarop attent maak dat daar ’n toename is in gevalle waar onwettig gejag word met honde. Meld dit onmiddellik aan by die SAPD en kry ‘n saaknommer wat opgevolg kan word. Wees ook daarop bedag dat plaashuise wat leeg staan ’n risiko inhou en skuilplek verskaf aan hierdie onwettige jagters en ander misdadigers.

In ons maandelikse landelike veiligheids vergadering met SAPD is landbouorganisasies attent gemaak daarop dat SAPD en Binnelandse Sake hulle gaan toespits op die onwettige immigrante.

Ons wil al ons lede attent maak daarop dat alle buitelandse werkers oor ’n werkspermit moet beskik om in Suid Afrika te kan werk. Werkgewers wat oortree en onwettige arbeiders in diens neem, gaan gearresteer word. Ons versoek dus doen asseblief SAPD klarings op werkers aangesien onwettige werkers ook in baie gevalle ’n bewese rekord het wat misdaad aanbetref.

Alle voorspoed vir 2022 en God se rykste seën op elkeen se boerdery.

 

 

Foto:  Sam Willis

Kategorie:

Deel dit:

Nuus Uit Die Streke | Noordwes & Vrystaat | Januarie 2022