Na aanleiding van gesprekvoering tussen TLU SA en die Afrikaanse Toekomstrust (ATTSA) het die behoefte ontstaan om die lede van TLU SA in te lig oor ‘n Byeboerdery projek wat ontstaan het in samewerking tussen die ATTSA en die Militêre Veterane.
Die projek se oogmerk is om militêre veterane te bemagtig en finansieel sterker te maak, asook om die ekonomie en die landbousektor te bevoordeel. Dit het in 2023 afgeskop met ongeveer 30 militêre veterane. Hulle is in twee groepe opgelei en van die nodige toerusting voorsien om met hulle boerdery aktiwiteite te begin.
Die projek is moontlik gemaak deur finansiële ondersteuning van die Aquafer Stigting Trust.
Tans is ATTSA besig om nog groepe op te lei en van die nodige toerusting en ondersteuning te voorsien. Uit terugvoer wat ontvang is, blyk dit egter dat al die byeboere nie noodwendig grond het waarop hulle effektief hulle boerdery kan bedryf nie. Tydens die gesprekke tussen TLU SA en ATTSA het die vraag onstaan of daar ander boere is wat ATTSA se projek wil ondersteun deur van die byeboere op hulle grond te akkomodeer.
ATTSA sal die nodige dokumentasie in plek kry en reëlings tref om die byeboere op plase te plaas.
Indien enige van die boere meer oor ATTSA of Aquafer wil uitvind, kan hulle na die webwerwe van die onderskeie organisasies gaan kyk of die hoof uitvoerende beamptes kontak:
ATTSA: https://ATTSA.co.za
Dinah@attsa.org
Aquafer: https://aquafer.co.za
Anton@aquafer.co.za te skakel.
Lede van TLU SA wat belangstel om byeboere of selfs net hul toerusting op hul grond te akkommodeer, kan Bennie van Zyl op 082 466 4470 of hb@tlu.co.za kontak.
Photo by Anete Lusina





