James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Om ekonomies te oorleef

Elke plaas is ’n besigheidsentiteit in eie reg. Die ondernemer moet die onderskeie produksiefaktore naamlik grondstowwe, kapitaal en arbeid bestuur tot by winsgewendheid. Verskeie aspekte speel in die proses ’n rol waarvan heelparty buite die boer (ondernemer) se beheer is. Dit verg aanpassingsvermoë, kundigheid en betrokkenheid in die boerdery om al dié veranderlikes betyds te kan aanspreek.

Stygende insetkoste bring mee dat winsgewendheid onder druk geplaas word. Daarmee saam het die klimatologiese omstandighede oor tyd heen heelparty aanpassings ondergaan. Tegnologiese ontwikkeling bring nuwe maniere na vore en is dit belangrik dat elke boer deurlopend nuwe navorsing en tegnieke ondersoek om na maksimum wins te streef. Rekordhouding van uitgawes vir elke afdeling van die boerdery is van kritiese belang om seker te maak dat winsvreters nie saamgesleep word nie.

Die omstandighede almal bymekaar getel, vereis dat boere betyds ook ander inkomstestrome moet ondersoek.

Om die risiko te versprei en met meer kommoditeite te boer of selfs uit toerisme geld te verdien, is aspekte wat ten minste ondersoek moet word. Met die uitmergelende droogte wat oor jare gekom het in groot dele van die land het een seisoen se reën nie alles herstel nie.

Die drakrag van die grond is ernstig aangetas en sal daar vir die afsienbare tyd meer konserwatief gewei moet word om volhoubaarheid te waarborg. Ekonomie van skaal word nou ’n ernstige faktor wat verreken moet word.

 

Foto Raphael Rychetsky on Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Om ekonomies te oorleef