Oosstreek Nuus

Ons wil graag ons boere wat onder moeilike omstandighede voortgaan met die taak om voedsel te produseer, besondere lof toeswaai. TLU SA gee boere al die erkenning wat hulle verdien. Die regering behoort hierby in te val deur ‘n meer positiewe landbou-omgewing te skep.

Die Oosstreek het ‘n plaasaanval in die Belfast/Wonderfontein-omgewing aangemeld. Die boere is aangerand en geïntimideer, maar daar was geen vuurwapens betrokke nie. Die aanval het gewys dat boere in Veiligheidstrukture goed reageer nadat ‘n boodskap oor die aanval versprei is. Ongeveer 50 boere het op die boodskap reageer. Die aanval is voorafgegaan deur ‘n dispuut oor gesteelde beeste wat boere naby plaasnedersettings opgespoor het.

In die streek verwag ons dat plaasmisdade, veral vee- en dieseldiefstal, gaan toeneem as gevolg van die inperking.

Optredes teen veediefstal in Mpumalanga vind steeds plaas met sekere knelpunte soos Standerton, terwyl die Chrissiesmeer-omgewing nou stiller is.

Die SAPD beweer volgens hul syfers dat daar tussen Mei 2019 en Mei 2020 ʼn afname van 42% in veediefstal was, maar die syfer word betwyfel. Veediefstal is ʼn misdaad wat veral tydens die inperking groter afmetings kan inhou as gevolg van ‘n tekort aan geld om vleis te koop. Gesteelde vleis word steeds geredelik, teen goedkoper pryse as die van slaghuise, verkoop.

Opkomende boere probeer desperaat om hulle vee teen diefstal te beskerm en maak veral gebruik van die interne strukture om dit te bekamp. Dit is te wyte aan ʼn gebrek aan vertroue  in die SAPD. Die gebruik van interne strukture is ʼn resep vir geweld, weerwraak en die ontwrigting van die vestiging van opkomende boere.

Daar was reeds gevalle van dieseldiefstal waar een persoon in hegtenis geneem is. Boere moet verseker dat hierdie tipe diefstal so ver as moontlik beperk word, met die oog op die mieliestroop-seisoen wat voorlê.

Boere in Mpumalanga is vooraf deur verskaffers gewaarsku oor ‘n dieseltekort en kon wel voorbereidings tref. Na verwagting sal die produksie van diesel teen middel Junie/Julie weer geredelik beskikbaar wees.

Pryse van vee, veral vleisproduksie, het nie gestabiliseer nie en speenkalfpryse in die mark draai by R29/kg. Voerkraal eienaars wat aankope doen, ondervind ʼn trae verkoop van afgeronde kalwers vir die mark vanweë ʼn daling in koopkrag van die bevolking.

Hoewel die meeste boere die soja-stropery afgehandel het, is daar nog plek-plek kolle soos Stofberg waar nog gestroop word. Die heffing van vervoerdifferensiaal op sojas – soos deur JSE aangekondig – veroorsaak groot ontevredenheid onder boere en daar word beplan aan optrede teen die JSE deur boere.

Boere in Mpumalanga is ook blootgestel aan skielike verhogings in waardasie van plase en grond. Dit veroorsaak groot ontevredenheid en die boere se finansiële posisie kan in gedrang kom. Ons boere ondervind dat die persepsie bestaan dat hulle geld het, omdat hulle vrygestel is van COVID-19 beperkings om te produseer en te verkoop. Die styging in waardasies is onverklaarbaar. Erika Helm van die Plaaslike Regering Komitee het reeds ʼn verslag saamgestel wat aandui met hoeveel biljoene munisipaliteite vanuit die staatsbegroting, befonds word. TLU SA sal binnekort ‘n veldtog hieroor bekendstel.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.